Gerekende Poolse letterkundige Jerzy Koch verken taal en letterkunde skeppend in sy eerste Afrikaanse digbundel

“Afrikaans is kompak en beskik oor ’n seggingskrag wat ek moeilik met ander tale kan vergelyk. Die taal het baie variëteite en ek geniet elke variëteit in wat ek lees of wat ek in die land self hoor. Ek trap in Afrikaans my paadjies en praat ook ‘my’ Afrikaans, skep my eie uitdrukkingsmoontlikhede in hierdie taal.”