Geweld teen vroue op Vrouedag

“Die geweld teen vroue is die eeue oue pandemie. Eindelose sosiale-media-veldtogte stroom op ons timelines, so tussen die nuusberigte van nog ’n moord, nog ’n verkragting. Slagoffers is babas, oumas, ryk en arm, wêreldbekend en naamloos.”