Halleh Ghorashi, hoogleraar Diversiteit en Integratie: "Ik vind het belangrijk je eigen macht als onderzoeker ter discussie te stellen."

In die sewende van ’n reeks onderhoude (LitNet Akademies internasionaal) wat Ingrid Glorie met Europese akademici voer oor hul navorsing wat aansluit by geakkrediteerde navorsingsartikels wat in LitNet Akademies gepubliseer is, gesels sy met Halleh Ghorashi, hoogleraar Diversiteit en Integratie (Vrije Universiteit in Amsterdam).