Hans Ester vereer vir sy bydrae tot literêre bande en wedersydse kulturele belangstelling tussen die Lae Lande en SA

Hans Ester is die ontvanger van die Prestasieprys van die Van Ewijck-Stigting vir 2023. Hy het met Willem de Vries gesels oor die literêre landskap tussen Nederland en Suid-Afrika, en oor skrywers en kulturele uitwisseling wat oor dekades heen strek.