Ingrid Winterbach en Nederlandse vertaler gesels oor Die troebel tyd

Die Nederlandse vertaling van Ingrid Winterbach se voorlaaste roman, Die troebel tyd, is onlangs bespreek as deel van die Zuid-Afrikahuis in Amsterdam se reeks oor Afrikaanse skrywers en boeke, Boeken uit het Huis (in samewerking met die Taalunie). Margriet van der Waal, hoogleraar verbonde aan die Universiteit van Amsterdam en die Ryksuniversiteit Groningen, tree gereeld as gespreksleier op vir Zuid-Afrikahuis-gesprekke. Sy het met Winterbach en die Nederlandse vertaler van die roman, Robert Dorsman, gesels.