Internasionale Moedertaaldag: Khoekhoegowab-tale en Khoi-Afrikaans

Die Verenigde Nasies het 2019 as die Internasionale Jaar van Inheemse Tale verklaar. Op 21 Februarie word die jaarlikse Internasionale Moedertaaldag gevier. Vanjaar se tema is “Indigenous languages matter for development, peace building and reconciliation”. Menán van Heerden vertel meer oor die invloed van die Khoi op Afrikaans.