Jongerenprojek Netwerk 2019

“’n Groep van elf Suid-Afrikaanse studente en twee begeleiers het met oë vol verwagting op Brussel Lughawe geland. Vir baie van die studente was dit hul eerste kennismaking met die buiteland. In België het ons ondermeer Brussel, Leuven en Hasselt besoek. Ons eerste kennismaking van Nederland was in die pragtige stad Den Haag.”