Jongste, unieke wynroete neem jou tot die suidpunt van Afrika

Dit is Suid-Afrika se jongste wyngroepering – en uniek, omdat jy nêrens anders in die wêreld kan spog dat jou druiwe van die suidelikste punt in Afrika kom nie, skryf Maryke Roberts. Elke plaas het iets endemies aan die streek in hul logo’s, etikette en slagspreuke gebruik. Die bedreigde swarttobie is daar; so ook die baardskeerderspinnekop en die suikerbekkie.