Kanada – wanneer jeug ons weer vind

“Die jare het verbygegaan, maar hier vind ons mekaar weer – ons lag steeds vir dieselfde grappe, ons stry steeds oor dieselfde kwessies, en ons verwonder ons steeds aan die natuur. Ek besef om oud te word beteken nooit om te laat gaan wie jy eens was nie; dit beteken eerder om dit vorentoe te dra, soos ons. Na al die paaie en ompaaie wat ons gestap het, bly ons steeds net twee laaities van Parow, en Bob Dylan se ‘Forever young’ sweef saggies as ’n seëning deur die lug.”