Kontrasterend

“Die ooglopendste vir my was die deurlopende kontras tussen die oue en die nuwe. Eerstens was daar die teenstellings in argitektuur en boustyl. Eeue-oue smal wonings wat tuimelend-skeef hang langs stokou gragte, in die skadu van Lego-vormige wolkekrabbers.”