Marieke Lucas Rijneveld se The discomfort of evening: wenner van die 2020 International Booker Prize

Hierdie week is Rijneveld as die 2020-wenner aangewys vir haar roman The discomfort of evening (oorspronklike Nederlandse titel: De avond is ongemak, 2018). Met hierdie toekenning is Rijneveld nie net die jongste wenner ooit van hierdie prys nie, maar is dit ook die eerste keer dat dié prys vir ’n debuutroman toegeken word, asook die eerste keer dat hierdie eer ’n Nederlandse skrywer te beurt val.