Moderne Suid-Afrikaanse musiek in Gqeberha

“Ons hoor so dikwels snedige opmerkings oor dekolonisering. Dinsdagaand se optrede het gewys dat ’n oop en vernuwende manier van dink oor musiek ontsettend positief kan wees. Daar is nie slagspreuke rondgestrooi nie, daar was bloot uitstekende musikante van Suid-Afrika wat die bekende van Europa gemeng het met klanke, ritmes en tegnieke uit Afrika.”