Muchu gustu: Home is where the fiets is

“Ek dink aan koerante besorg op die fiets om 5-uur soggens, as die son opkom in die somer, of deur winterse sneeu, wit soos papier, terwyl my vingers vries. Hoe betowerend en tjoepstil is dit nie as dit pas gesneeu het nie – die wêreld hou asem op; jy hoor net hoe jou fiets deur die knersende sneeu ploeg.”