“Op universiteit het ek gesit en luister na WEG Louw wat Kloos, Nijhoff, Holst, Perk en ander met ’n gedrae stem voordra tydens die bedompige, warm somersmiddae van die jare sewentig, met Afrika se sonbesies wat buite die lesingsaal se vensters sing en die studente wat swetend en tjoepstil sit en luister. Louw se voorlesings van die Tagtigers se pragtige sonnette het my as bloedjong eerstejaarstudent getref nes die film Woodstock of Jimi Hendrix my ’n dwarsklap gegee het – glo my vry, dit was ’n kulturele ingryp in my brose psige. Ek het gedink hulle – Perk en Kloos en dié snare – is baie cool.” Yves T’Sjoen gesels met Etienne van Heerden.
Copy and paste this URL into your WordPress site to embed
Copy and paste this code into your site to embed