’n Blik op die produksie Krotoa: Eva van de Kaap

Die produksie Krotoa: Eva van de Kaap, wat deur die Kunstekaap in samewerking met die Nederlandse teater die Volksoperahuis aangebied word, is tans in die Kunstekaap in Kaapstad te sien. Die toneelstuk, wat geskryf is deur die joernalis Sylvia Vollenhoven, met regisseur Basil Appollis wat die regie behartig, kyk op ’n unieke manier na ’n ondergewaardeerde figuur in Suid-Afrika se geskiedenis.