Aan die voete van die Langeberge in die Robertson-wynvallei in die Boland gaan ons gereeld kuier, maar staan elke keer verbaas oor die mense se vermoë om met iets interessant vorendag te kom. Die nuwe Wine Valley Safari is een hiervan, skryf Maryke Roberts.
"Ek dink aan koerante besorg op die fiets om 5-uur soggens, as die son opkom in die somer, of deur winterse sneeu, wit soos papier, terwyl my vingers vries. Hoe betowerend en tjoepstil is dit nie as dit pas gesneeu het nie – die wêreld hou asem op; jy hoor net hoe jou fiets deur die knersende sneeu ploeg."
"Boeka time is very special in Cape Town. I remember as children we would wait for the light at the mosque to be switched on, then we would shout 'Waktoe!' ('Time!')."
"Meer dan één blik op het etiket van het Grimbergs abdijbier is niet nodig om de verbondenheid van het gerstenat met de gemeente, maar vooral de plaatselijke Norbertijnenabdij die er sinds 1128 gevestigd is, naar waarde in te schatten. Het begint al met de Feniks, de mythische vogel die volgens de oude Grieken steeds weer uit zijn as herboren werd."
"Meneer Masekela, hierdie is regtig ’n goeie song en ek verstaan nou vir die eerste keer waarom jy en Miriam Makeba oorsee is. Ek het van die Sharpeville-bloedbad geleer uit ’n skoolhandboek en het altyd net gehoop pouse breek aan sodat ek die kiewiete wat onder die rugbypale gebroei het kan gaan treiter met ’n tennisbal. Miriam sê jy het die song vir haar geskryf. Sy het drie familielede op daardie een dag verloor."
"As jy moeg is vir die lewe in die stad, kan jy nou vir jou ’n hele dorp in die Vrystaat koop. Verkykerskop is pens en pootjies in die mark teen sowat R5 miljoen. Die gelukkige koper sal onder meer ’n algemene handelaar, oorspronklike meule, vyfslaapkamer-gastehuis, ’n kerkie, koffiewinkel, drankwinkel en selfs haarsalon ryker wees."