"Terwyl ons op die virus wag, is daar ritse aanbiedings om die dooie tyd om te kry, dikwels rolprente met clichétonele van mense wat in doodsangs wag vir die gevaar om die hoek: Tom Cruise vir die tentakels van die invallers uit die ruimte in The war of the worlds; Sigourney Weaver vir die tandewerk van die monster in Alien. Ons wag op die virus om haar uit te woed voor ons weer normaal kan word. Daarna gaan die wêreld verander, word ons belowe."
"Wetenskaplikes en ekonome is in ’n debat gewikkel oor die vraag wat die meeste lewens gaan kos as gevolg van die koronavirus: ’n ekonomiese ramp as die landwye inperking ná 21 dae verleng word, of ’n gesondheidsramp indien die inperking te gou opgehef word."
"Die minister van kommunikasie, telekommunikasie en posdienste, Stella Ndabeni-Abrahams, wat deur president Cyril Ramaphosa op twee maande spesiale verlof geplaas is omdat sy die regulasies tydens die staat van inperking oortree het, kan dalk ook strafregtelik vervolg word."
"Die pastoor wat hulle in die huwelik sou bevestig het, is saam met die paartjie en omtrent 50 gaste in hegtenis geneem. Videomateriaal van die bruid in haar spierwit bruidsuitrusting en haar voornemende bruidegom wat onseremonieel in ’n vangwa geprop word, het soos ’n veldbrand op sosiale media versprei."
"Ek weet swaarkry is nie ’n kompetisie nie, dat ek en baie ander soos ek ook deur hierdie epidemie beïnvloed word. Maar die skaal weeg nie gelyk nie en ek kry nie die skuldgevoelens afgeskud nie."
Brace yourself for a serious dose of Love & Legehness in the form of 15 new songs ranging from serious club bangers to deeply intimate and sensual ballads about the complexities of liefde! Afrikaans has never sounded groter or sexier!