In die nuwe uitgawe van die tydskrif Zacht Lawijd staan die Afrikaanse skrywer en skilder Breyten Breytenbach se aanwesigheid en resepsie in Nederland en Vlaandere sentraal. Yves T’Sjoen is die redakteur van die tydskrif. Hy het Willem de Vries se vrae beantwoord en vertel van die komende program in Gent in die jaar wat Breytenbach se 80ste verjaardag internasionaal gevier word.
In solidariteit en meelewing met hul tuisland het ongeveer tweehonderd Suid-Afrikaners op Sondag 8 September op Damplein in Amsterdam gedemonstreer teen geslagsgebaseerde geweld en xenofobie. Elani Willemse doen verslag.
"Baie mense is kwaad vir die Springbok-rugbyspeler Eben Etzebeth. Hoewel daar geen bewyse is dat hy skuldig is op enige klagtes van aanranding nadat hy onlangs in ’n groep vir ’n aand uit na Langebaan was nie, voel baie mense, veral vroue, dat waar daar ’n rokie is, daar minstens ’n vape-kooltjie moet wees."
"Die Suid-Afrikaanse Olimpiese atletiekkampioen Caster Semenya se besluit om haar na die sokkerveld te wend beteken nie noodwendig sy is verlore vir atletiek nie. Die tweemalige Olimpiese kampioen gaan egter volgende jaar haar atletiekskoene vir ’n sokkerbal verruil. Semenya het verlede week ’n kontrak met die plaaslike JVW-sokkerklub onderteken."
"Tijdens het weekend van 5 tot 7 juli 2019 hadden wij samen met vier andere gezinnen uit de omgeving van Sint-Genesius-Rode het genoegen om elk twee Zuid-Afrikaanse studenten te mogen huisvesten. Zij waren op studiereis door België en Nederland om kennis te maken met onze taal en cultuur. Wij waren erg positief verrast over de levenswijsheid die wij bij deze toch nog jonge mensen reeds aantroffen en over de mate waarin zij zich betrokken voelden bij het reilen en zeilen van hun land."
"Suid-Afrika se minister van Internasionale Betrekkinge, Naledi Pandor, het Maandag beloof dat die regering alles in sy vermoë sal doen om die vlaag xenofobie wat die afgelope weke oor die land spoel, hok te slaan. Die minister het in Pretoria met ambassadeurs en hoëkommissarisse van Afrikalande vergader oor die xenofobiese aanvalle in Suid-Afrika. Dele van Gauteng het onder aanvalle deurgeloop toe besighede, hoofsaaklik van buitelanders, geplunder en aan die brand gesteek is. Dié aanvalle het gelei tot vergeldingsaanvalle op Suid-Afrikaanse ondernemings in die buiteland."
"Af en toe steeg er aan het eind van een gedicht een zucht op, of werd er instemmend gebromd. Tijdens een afwisselende voorstelling konden de bezoekers van De Nieuwe Liefde, 'huis voor taal' in Amsterdam, zondag 8 september kennismaken met de Zuid-Afrikaanse poëzie in de breedste zin van het woord."
"Die staatsamptenaar, Bruce Koloane, wat die omstrede Guptas in 2013 gehelp het om toestemming te verkry om met hulle privaatvliegtuig op Waterkloof-lugmagbasis te land en daarna met ’n ambassadeurskap in Nederland beloon is, se diplomatieke loopbaan is kortgeknip."