Die gerekende literator Louise Viljoen het aan Willem de Vries vertel van haar ervaring van die leerstoel Zuid-Afrika: talen, literaturen, cultuur en maatschappij in Gent wat sy onlangs beklee het, gee haar indrukke van die sesde Afrikaans-kollokwium, bekyk die gang van bande tussen Afrikaans en Nederlands, vertel van die werk van ’n jonger geslag Afrikaanse digters en kyk terug op meer as 40 jaar in die tuig as dosent.
Willem de Vries, Daniel Hugo, Yves T'Sjoen Interviews
Die veelsydige Vlaamse meester Hugo Claus se roman en magnum opus, Het verdriet van België, verskyn binnekort in Afrikaans. Daniel Hugo verwys na die boek as die grootste uitdaging én hoogtepunt van sy vertaalloopbaan. Die hoogleraar Yves T’Sjoen van die Universiteit van Gent is nou betrokke by interessante programme oor Claus in Vlaandere en Suid-Afrika wat vir Mei rondom die vertaling beplan word en bied van sy insigte in hierdie meesterwerk. Hugo en T’Sjoen het Willem de Vries se vrae beantwoord.
"It is somewhat paradoxical to feel this freedom while studying women who are confronted with stigmatisation for choosing a certain freedom by not conforming to the sexual norms."
"Somer is byna agter die rug, maar Februarie is bekend daarvoor om jou vir oulaas te laat hyg van die hitte. Stof dus jou stapskoene af en geniet die laaste paar sonstrale met dié lekker staproetes in en om die Kaap-omgewing."