"Die Wes-Kaap, wat tot onlangs die episentrum van die koronavirus in Suid-Afrika was, is besig om goeie vordering te toon in die stryd teen COVID-19. Die provinsie wil nou die tweede pandemie takel, naamlik werkloosheid."
"Restaurante regoor die land het Woensdag deelgeneem aan ’n vreedsame betoging om die aandag te vestig op die verknorsing waarin die bedryf hom bevind as gevolg van die regering se inperkingsregulasies."
"Die President het in sy weeklikse nuusbrief voorbeelde genoem van klein en mikro-ondernemings wat noodsaaklike goedere verskaf het toe mense nie kon rondbeweeg nie."
"Saai sal die Noord-Gautengse Hooggeregshof in Pretoria op 18 Augustus dringend nader om die verbod op die verkoop en verbruik van wyn in restaurante ter syde te stel. Dié aansoek kom nadat president Cyril Ramaphosa op 12 Julie 2020 wéér ’n algehele verbod op die verkoop en vervoer van drank aangekondig het."
"Het is jammer dat Winters Schoemans 'waarom' niet in verband heeft gebracht met de voltooid-levendiscussie die al enige jaren in Nederland gevoerd wordt en die Schoeman via het internet incidenteel volgde vanuit zijn huisje in Noorderbloem. Reflecteert Schoemans 'genoeg' niet precies wat met het idee van 'voltooid leven' bedoeld wordt?"
"Little Richard, soos hy bekend is aan die wêreld, het sy bynaam te danke aan sy een been wat korter was as die ander een. Maar waar hy tekort geskiet het in fisieke hoedanigheid het hy voor vergoed in volume en houding. Die kombinasie van hierdie eienskappe, plus sy gawe om catchy melodieë op die klavier uit te hamer, is wat hom uiteindelik gestempel het as die eerste vonk van die rock-genre."
Die wynroetes in en om Kaapstad, Stellenbosch en die Paarl, is gesogte trekpleisters en heerlike dag-uitstappies as jy in die Boland vertoef. Maar soms is daar geheimenisse van ander wingerde net oor die volgende heuwel wat wag om ontdek te word – soos die lede van die Stanford Wynroete – skryf Maryke Roberts, wat vir drie dae (vóór die inperking) daar gaan asemskep het.
"Wat ek nie besef het nie, is dat ek Korea en die Koreaanse kultuur opnuut anders sou beleef as toe ek 22 was. Is dit die ding van reis as jy ’n bietjie ouer is? Dat jy sekere aspekte van ’n land en kultuur selfs meer kan absorbeer en waardeer?"