"Een van Zuma se getroue ondersteuners, Carl Niehaus, het op Twitter uitgevaar teen die vonnis en gesê dit is totaal onaanvaarbaar. Hy sê dit is Zuma-ondersteuners se revolusionêr-demokratiese reg om hulle verontwaardiging en weerstand teen die vonnis uit te spreek en dat hulle dit onverbloemd sal doen."
"Terwyl Suid-Afrika tans weer erger inperking in die gesig staar, het die Nederlandse entstofprogram só suksesvol gewerk dat hulle met totaal ander probleme as ons te kampe het."
"Die treindiens Arriva het onder skoot gekom toe ’n video op sosiale media opgeduik het van ’n tiener wat deur die masjinis gevra is om die trein te bestuur. Saam met die nuwe versoepelinge wat die afgelope week in Nederland in werking getree het, is die CoronaCheck-selfoontoepassing ook bekendgestel. Die marechaussee, of militêre polisie, het Sondag drie kinders uit ’n motor gered, die temperatuur buite was ongeveer 29 grade Celsius. Die dagblad Trouw berig dat klimaataktiviste nou een van Nederland se grootste pensioenfondse in hul visier het om hulle te dwing om geen beleggings in fossielenergie meer te doen nie."
Ronelda S Kamfer en Alfred Schaffer, die Nederlandse vertaler van Kamfer se mees onlangse bundel, Chinatown (2019), het onlangs as deel van die Zuid-Afrikahuis se Boeken uit het Huis-reeks vrae beantwoord van Ama van Dantzig, ’n kreatiewe brugbouer, berig Willem de Vries.
"Stef Bos se vertoning My land is jou land het Sondag 20 Junie 2021 virtueel in die Atterbury-teater geopen. Die konsert is aanlyn en enigeen kan vir slegs R120 op ’n reis deur Suid-Afrika en ’n deel van Namibië gaan."
Wil jy jou kennis oor Nederland en Belgiё verbeter? Elke twee jaar organiseer die Zuid-Afrikahuis in Amsterdam en die Vlaams Zuid-Afrikaanse Vereniging in Belgiё ’n studenteprojek. Weens die koronakrisis bied die Zuid-Afrikahuis dié jaar ’n digitale alternatief. Deelnemers moet universiteitstudente in Suid-Afrika of Namibiё wees en ook Afrikaanssprekend wees. Deelname is gratis. Let op dat daar slegs ’n beperkte aantal plekke beskikbaar sal wees.