Nuwe leerstoel in Gent toonbeeld van internasionalisering deur Nederlands én Afrikaans, sê Hein Willemse

“Dikwels, en miskien meestal – ook in Suid-Afrika – word internasionalisering vertolk as opgaan in die Engelse of Anglo-Amerikaanse akademiese wêreld. Die skakeling met Gent, die instelling van die leerstoel aldaar, is ’n toonbeeld van internasionalisering deur Nederlands én Afrikaans.”