Ontlaering: ’n Herverbeel van die pedagogiek van Afrikaanse letterkunde

“Die doel van ‘Ontlaering’ (’n driejaarprojek wat georganiseer word deur myself by die Universiteit van Pretoria, Mathilda Smit by die Universiteit van die Vrystaat en Janien Linde en Wemar Strydom by Noordwes-Universiteit) is om op verskeie manier te dink oor die ‘laers’ (uitsluitende maar ook beskermende sisteme) wat ’n invloed het op die maniere waarop Afrikaanse literatuur op skool en universiteitsvlak onderrig word.”