Opstand teen geweld op vroue en kinders

“In Kaapstad het duisende betogers by die parlement byeengekom en na die Kaapstadse Internasionale Konferensiesentrum (Kiks) beweeg waar die Wêreld Ekonomiese Forum (WEF) besig was om te vergader. Die betogers het hulle woede uitgespreek teenoor die voortslepende geweld wat teen vroue en kinders gepleeg word. Die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (SAMRK) sê die geweld teen vroue en kinders wat die land die afgelope weke weer geruk het, moet tot ’n einde kom. Die SAMRK het onder andere verwys na die ontvoering van die sesjarige Amy-Lee de Jager in Vanderbijlpark op 2 September voor haal skool, en die wrede moord op die 19-jarige  student, Uyinene Mrwetyana.”