Opwinding oor bruin skrywers se werk in die Afrikaanse letterkunde

Bekroonde skrywer en kunstenaar Ingrid Winterbach meen daar is veral baie Nederlandse skrywers wat nie wit is nie, wie se werk ook in Afrikaans vertaal behoort te word en vergelyk kan word met bruin Afrikaanse skrywers wat voorheen nie ’n stem gehad het nie. Lees Jean Oosthuizen se verslag van Ingrid Winterbach en Belgiese literêre navorser en akademikus Yves T’Sjoen se gesprek wat vroeër in Junie by die Suid-Afrikaanse Sentrum vir Nederlands en Vlaandere (SASNEV) in Pinelands (Kaapstad) plaasgevind het.