Persverklaring: "De schoonheid van het Nederlands" tydens hierdie jaar se "Week van het Nederlands"

Dié week bied jaarliks ’n blik op die Nederlandse taalaanbod en taalverbintenisse in Suid-Afrika met interessante gesprekke, ’n filmvertoning van ’n Nederlandstalige dramafilm by ’n inry-teater in Pretoria en in Kaapstad by die Labia teater, lesings en gesprekke, musiekproduksies in Nederlands en/of Afrikaans en Engels. Die bydrae waarvoor talle angstig wag, is die tweede edisie van die SAVN se kortfilmkompetisie vir voorgraadse en nagraadse studente neerlandistiek.