Repliek op die debat oor moedertaalonderrig binne die Suid-Afrikaanse onderwysstelsel

“Die Universiteit van KwaZulu-Natal probeer ook met Zoeloe doen wat NWU met Afrikaans en onder meer Tswana regkry. Met ’n moedige leierskap wat oor die vermoë beskik om met populistiese aansprake oor taalregte (na links en na regs) om te kan gaan, en bereid is om kundigheid oor taalbestuur te benut, kan ons saam vorentoe beur.”