Rushdie gebruik verbeelding om die vrye woord te verdedig

“Volgens hom (tereg ook) moet literêre verbeelding altyd grense opsoek en verkieslik ook grense oorskry: die grens tussen ‘normale’ werklikheid en ongeremde fantasie, die grens tussen konvensionaliteit aan die een kant en spot en satire aan die ander kant, die grens tussen ’n bepaalde en vasgelegde identiteit versus bewegingsvryheid van die migrant en wêreldburger wat oral maar ook nêrens tuis is nie.”