Stories van duskant die Kasteel

“In die hartjie van Kaapstad lê van die interessantste stories oor die eerste plase, geboue en die mense wat daar geleef en gewerk het. Jy moet net weet waar om te kyk en ’n bietjie gaan kers opsteek by dié met kennis oor plekke soos die plase wat destyds agter die Kasteel was – waarvan een uiteindelik Distrik Ses geword het.”