Veelsydige Deon Meyer stel nuwe Bennie-en-Vaughn-boek in vooruitsig

“Meyer het dié nuus met die Nederlandse skrywer Peter Römer gedeel in ’n onderhoud wat Römer met Meyer gevoer het vir die skrywersgespreksreeks Boeken uit het Huis wat die Zuid-Afrikahuis in Amsterdam aanbied. Die Nederlandse vertaling van Meyer se jongste speurspanningsroman, Donkerdrif, het onlangs verskyn en Martine Vosmaer, wat saam met Karina van Santen Meyer se boeke in Nederlands vertaal, het oor die vertaalwerk daaraan gesels.”