Vertalings ontsluit nuwe wêrelde tussen Suid-Afrika en die Lae Lande

Vertaling behoort eintlik Suid-Afrika se twaalfde taal wees, omdat die land se mense mekaar nie verstaan nie of mekaar dikwels verkeerd verstaan, aldus Antjie Krog. Die belangrike rol wat vertaling in die algemeen speel, is opnuut beklemtoon tydens ’n gesprek by Sasnev (die Suid-Afrikaanse Sentrum vir Nederland en Vlaandere in Kaapstad). Die gespreksgenote was Antjie Krog en Yves T’Sjoen (Universiteit Gent en Universiteit Stellenbosch).