Waardering vir skrywer Harry Kalmer kring uit in Nederlands

In ’n land sonder voëls, die laaste roman van die bekende Suid-Afrikaanse skrywer Harry Kalmer (1956–2019), het vroeër vanjaar in die Nederlandse vertaling van Rob van der Veer onder die titel In een land zonder vogels by die uitgewery Aldo Manuzio verskyn. Dit is onlangs bespreek op Boeken uit het huis, ’n program aanlyn waarin die Zuid-Afrikahuis in samewerking met die Taalunie werke van Afrikaanse skrywers aan ’n internasionale gehoor bekendstel.