Weelderige Oudtshoorn-volstruisvere weer op die wêreld se lippe

“Oudtshoorn is een van ons gunsteling-kuierplekke met soveel historiese plekke wat behoue gebly het – veral uit die florerende volstruisgolf van ’n eeu gelede. Vandeesmaand is die dorp weer op die voorgrond: Die gewilde Klein Karoo Klassique word hier gehou én die wêreld neem weer notisie van die volstruisdorp, danksy die Netflix-reeks Bridgerton.”