“Jy is op pad êrens heen, maar jy weet nie wat jy agterlaat nie – jy begryp nie daardie deel nie. Jy vertrek, kom elders aan en ontdek jy het in ’n sekere sin nooit weggegaan nie; die ander plek leef voort. Die onderhandeling tussen hierdie prosesse is iets wat vermoedelik nooit eindig nie. Aan die woord is Abdulrazak Gurnah in ’n onlangse gesprek getiteld ‘Home & exile’ wat die akademikus Awam Amkpa met hom op die Africa in the World-fees gevoer het. Gurnah is die Nobelpryswenner vir Letterkunde van 2021.”
Copy and paste this URL into your WordPress site to embed
Copy and paste this code into your site to embed