Afrikaans wen aan waardering danksy opregte erns met wisselwerking – Breytenbach

“Vir Afrikaanse letterkunde begin daar nou ’n resepsieverbreding plaasvind. En die basis word gelê vir wat nou eers werklik ’n diepgaande wisselwerking en ’n gesprek is, ’n dialoog sou ons dit kon noem, tussen Afrikaans, wat natuurlik verwant is aan die Germaanse tale, én al die ander invloede wat ingekom het.” Só het die Afrikaanse digter Breyten Breytenbach op die afgelope Tuin van Digters-fees op die dorp Wellington in die Wes-Kaap gesê. Willem de Vries berig.