Amerika gee Suid-Afrika nóg ’n dwarsklap in die gesig

“Die wet waaroor Trump so te kere gaan, is soortgelyk aan onteieningwetgewing in Amerikaanse deelstate, naamlik die sogenaamde eminente domein, waar regerings die mag het om private eiendom vir openbare gebruik te neem, soos vir paaie en brûe.”