Breyten schrijven #46: Breytenbachs lyriek door de blik van dichters. Conversatie met Dominique Botha

“As jy eers die masjientjie van ’n gedig uitmekaar haal om te sien hoe dit werk, begin die ware agting en begrip vir die talent en vernuf van die digter. Ek het ook beslis gebaat deur Breyten se boek Intimate Stranger noukeurig te lees. Deels memoir, skryfgids en filosofiese mymelary, is die boek in wese ’n meesterklas.”