Door het oog van de dichter is de titel van een schriftelijke gesprekkenreeks over de literaire nalatenschap van Breyten Breytenbach (1939-2024) en de impact van Breytenbachs lyriek op het schrijverschap van hedendaagse Afrikaanstalige, Nederlandse en Vlaamse dichters en ook enkele vertalers. Op 24 november 2026, twee jaar na het overlijden van Breytenbach, verschijnt de bundel Postumiteiten voor Breyten in de Lage Landen en in Zuid-Afrika (Skribis/Naledi), waarin de dialogen worden gebundeld. Het huldigingsboek wordt gepresenteerd op de vooravond van het internationaal symposium “Inter-Breyten. Breytenbach in context” (26-27 november 2026, Universiteit Gent: https://voertaal.nu/oproep-voor-referaten-inter-breyten-breytenbach-in-context/).
In een tweede deel van de huldigingsbundel met dialogen komen Breytenbach-vorsers aan het woord. Ook die bijdragen worden voorgepubliceerd op Voertaal.
De inleidende tekst met een toelichting bij de opzet van de dialogen over de literaire erfenis van Breyten Breytenbach kan hier worden gelezen: https://versindaba.co.za/2026/01/21/yves-tsjoen-postumiteiten-voor-breyten/. In totaal komen dertig dichters en vertalers aan het woord en tien vorsers. De dichters en vertalers ontvangen allen dezelfde vijf vragen over hoe zij zich in hun schrijf- en vertaalwerk verhouden tot het oeuvre van Breytenbach.
In deze aflevering spreekt Dominique Botha, auteur van Die huilende bruid & ander versinsels (2026) waarin bijdragen zijn opgenomen over Breytenbach. In de bundel memoreert zij onder anderen Mr. B.
...
Breytenbach is die Maradona van die Afrikaanse poësie.
...
YT: Dominique, is in het lyrisch werk van Breytenbach voor jou een afzonderlijke bundel of zelfs een esthetische fase aan te wijzen die om een specifieke reden jouw uitgesproken voorkeur geniet? De schrijver heeft in drie omvangrijke delen zijn verspreid gepubliceerde bundels samengebracht: Ysterkoei-blues. Versamelde gedigte 1964-1975, Die ongedanste dans. Gevangenisgedigte 1975-1983 en Die singende hand. Versamelde gedigte 1984-2014. Welke Breytenbach is voor jouw dichterlijke loopbaan betekenisvol gebleken? Verkies je het vroege werk of de ‘late style’ in Breytenbachs lyriek? Zou je zelf gewagen van een bepaalde literaire invloed, dus een moment of zelfs een gedicht dat jouw dichterschap in enigerlei mate mee heeft gestuurd?
DB: Breyten se debuutbundel, die ysterkoei moet sweet, was ’n weerligstraal wat die Afrikaanse poësie geëlektrifiseer het. ’n Lont van onmiskenbare meesterskap brand deur sy hele oeuvre, van die vars, verstommende stem wat ons aan die ‘onskadelike’ Breyten bekendgestel het, tot by die beleë, melankoliese digter ‘in Arles waar die katlagter’ sy ‘hart aan die doring geryg het’.
Die uiteenlopende registers word met só ’n seker hand gemoduleer dat sy stem in byna enige toonaard oortuigend klink. Dit is miskien die literêre ekwivalent van Bach se prestasie in Das Wohltemperierte Klavier.
Om ’n gunstelingbundel te kies is dus ’n moeilike vraag wat hom as ’n maklike een voordoen!
En soos met taal en geheue, gaan dit ook met voorkeure: hulle is nie staties nie. As leser bring jy ’n bepaalde gemoedstoestand na ’n bundel. Dieselfde gedig kan platval of uit die hemel val, troebel nonsens of openbaring wees.
Met die oog op publikasie het ek egter met ’n indringender blik begin lees. As jy eers die masjientjie van ’n gedig uitmekaar haal om te sien hoe dit werk, begin die ware agting en begrip vir die talent en vernuf van die digter. Ek het ook beslis gebaat deur Breyten se boek Intimate Stranger noukeurig te lees. Deels memoir, skryfgids en filosofiese mymelary, is die boek in wese ’n meesterklas.
YT: Naast de expliciete maatschappijkritische poëzie zijn er de gedichten waarin de verbeelding van Afrika vorm krijgt, de vele liefdesgedichten, de lyriek waarin verval, verrotting en de dood bepalende motieven zijn, het nomadische Middenwereld-discours, de Zen-Boeddhistische gedichten. Is er een facet in Breytenbachs poëzie dat je met bijzondere belangstelling of affiniteit hebt gelezen?
DB: Sonder twyfel is dit die soepelheid van sy digterlike stem, eerder as enige spesifieke tematiese bemoeienis, wat keer op keer bewondering afdwing. Hy kon hom enige stemming toe-eien: bitsig of briljant, Bybels of ydel, filosofies of platvloers, oordrewe of verwond, liries of speels, met ’n talent vir metafoor sonder weerga. Breytenbach se poësie is veelvlakkig en bied altyd nuwe invalshoeke vir die leser. Tog bly dit uiteindelik die stem, daardie onmiskenbare, metafoorswaarstem, wat die uitstaande kenmerk van sy enorme literêre nalatenskap is.
Breyten het van die staanspoor af die dood as sy volwaardige gespreksgenoot beskou. In die ysterkoei moet sweet staan die nou alombekende versreël ‘Dood begin by die voete’, alhoewel ek vermoed dat hy dié frase by Primo Levi gesteel het. In Levi se geval is dit letterlik bedoel, met verwysing na die ontruimings van die konsentrasiekampe, die Todesmärsche, waartydens die verlies van ’n skoen in die winter ’n besliste doodsvonnis was.
Carlos Fuentes het in ’n onderhoud gesê: “When your life is half over, I think you have to see the face of death in order to start writing seriously. There are people who see the end quickly, like Rimbaud. Death is the great Maecenas, Death is the great angel of writing.”
Soos die wonderkind Rimbaud het Breyten ook vroeg die doodsengel in die hoek sien staan.
’n Mens kan die trajek van sy deurlopende, vurige betrokkenheid met die politiek in sy oeuvre volg. Aanvanklik is dit die anti-apartheidgedigte wat die geweld en wandade van die bestel boekstaaf, soos byvoorbeeld in die gedig ‘9 Junie 1983’.
ek het iets op die hart
vandag is dit weer warm in Parys
met ’n amper Afrikaanse hitte
moltreine het deur tonnels ondergronds gerammel
en duiwe het met ritselende vlerke opgevlieg
om beskerming in platane te soek
soos woorde terugvlieg na ’n mond
om verdoesel te word deur ’n groen ritseling
ek het iets op die hart
die dag wil nie ontslaap nie
lank het die aandster bo die stad bly brand
soos ’n vuurtoring wat die nag moet lok
na ’n fees van blydskap bo ’n Bethlehem
en nuus uit die doderyk het oor beeldskerms geflikker
ek moet huil ek kan nie huil nie
vanoggend is drie swart stryders in Pretoria
in ’n put laat val
vir hoogverraad teen die blankes se wit staat
van bangheid:
ek ken daardie skandplaas
ek hoor die grou geluide van mense geketting
wat geketting loop na die plek van sterwe
die trappies op tot in die paradys
hamba kahle!
Marcus Motaung 27 jaar oud
hamba kahle!
Jerry Mosololi 25 jaar
hamba kahle!
Simon Mogoerane 23 jaar jonk
... hamba kahle...
dis so koud en droog winters in die Transvaal
die vroeë dagloners se hande is skurf en stil
van die koue
die volk is wakker die tyd is byna
daar hang Ukwezi so laat nog aan nag se galg
waar daglig huiwerig is om toe te tree
tot die son totdat die son gemasker kom
deur rook wat oor lokasies en krale sliert
ver, hoe ver dan ook oor hierdie dorre aarde
van geloftes
val die valdeure in die volk se luister óop
agter die mure van Maksimum Sekuriteit
is lewensliedere ritmies ritmies soos asemstote
soos die wenteling van nag tot blyheid
agter skanse van die staat se gewaande veiligheid
sal die rou gesing met die dag ook breek
tot ’n groter lied van stilte:
iedereen sal dig teen sy traliedeur staan en luister:
met die hart ’n sagte duif in die hals:
daar sal ’n geneesheer in die stoet wees
en ’n geestelike gebreklike wat die staatsmoord
met ’n geprewel van christelike genade
toe probeer smeer:
ook die hoof van die gevangenis
(sal hy in afskeid die swart geboeide hande druk?)
en bewaarders wat die lewe aan ’n tou moet bind
ek is 43 jaar oud
ek moet huil ek kan nie huil nie
dis warm in Parys met ’n byna Afrikaanse hitte
hierdie Donderdag môre is Vrydag Saterdag
Sondag sit die laksmanne in die kerk
met fleurige dasse soos effens bloederige halsveertjies
ek moet huil ek kan nie huil nie
ek het iets op die hart
Simon Mogoerane
bloed aan die toue
Jerry Mosololi
bloed aan die nek
Marcus Motaung
drie lyke hang in die dood se plek
soos woorde in die mond
en in dié anonieme grys grond
sal drie offers bly brand soos ’n wond
bloei tot verset, en vryheidsvure
Dit is ook interessant om te sien hoe Breyten se politieke verset mettertyd in komiese en sarkastiese fatalisme ontaard het. Sy ontgogeling het vroeg gekom en lank gedy.
die partylyn
En Bra Lenin het vir sy kommissarisse gesê: Kyk hié,
comrades, ek kom na julle in die naam van Marx my vader
en historiese determinisme die heilige gees. Gaan heen en
struktureer my skape. Keer uit dié wat afwykend, afvallig,
krities, alternatief, otherwise of swart nasionaal is,
dié wat loop met die brandsiek van ’n soeke na waarheid
of met brommergatte van die twyfel. Brandmerk hulle as
Bourgeois Irrelevant en verlos hulle van hul aardse sorge
met fluisterveldtogte. Want ek is die Geskiedenis, die
Vula en die Amandla. Wie my nie volg nie sal ondergronds
gaan of klippe gaan kak in Regkomkampe in Namakwaland.
Maar elkeen van julle wat in my glo en saam met my march
sal vir ewig beter weet en die paradys van proletêre
vanguardisme met ’n korrekte begrip beërwe. En so sal
julle met ’n gedissiplineerde geblêr van vivas die woedende
leeu van kapitalisme se strot uitruk!
En dan is daar die wonderlike selfspot en sin vir humor wat telkens deur die gedigte skemer, asook die ontreddering en teerheid wanneer hy oor sy ouers en familie skryf. Min digters kan met so baie bundels spog waarin die volle register van hul gevoelslewe ontgin is.
YT: De schrijver heeft zich uitgedrukt in beschouwende en lyrische teksten. Daarnaast hield hij publieke toespraken, schreef zijn Notes from the Middle World, de trilogie met ’n Seisoen in die paradys, The True Confessions of an Albino Terrorist en Return to Paradise. De literaire genres waarin de schrijver zich uitsprak en een beeldrijk universum creëerde, zijn onlosmakelijk met elkaar verbonden, wat ook over het schilder- en tekenwerk kan worden gezegd. Welke teksten kunnen jou begeesteren en welke leeservaring verbind je met particuliere teksten in het oeuvre?
DB: Breyten se skilderye en tekeninge roep vir my iets op van outsider art, met ’n byna ‘skisofreniese’ estetika wat soms deurslaan. ’n Bietjie Helen Martins, ’n bietjie Francis Bacon. Soos in sy skryfwerk keer sekere motiewe en beelde meermale terug, met ’n derde oog wat na binne bly kyk. ’n Mens sou kon argumenteer dat sy beeldende werk die keersy van sy liriese blik is. Sy lewe was ’n ‘Gesamtkunstwerk’. Hy kon homself nie help nie; hy móés skep.
Die teaterwerke spreek my minder aan. Dit word met rede drama genoem: op die verhoog moet dinge gebeur. By Breyten is die drama egter in die taal opgesluit, wat nie maklik konkreet oorgaan in spanning op die verhoog nie.
Dog Heart, ’n Seisoen in die paradys, Return to Paradise, The True Confessions of an Albino Terrorist, Intimate Stranger, Mouroir, die openbare toesprake en Parool is almal boeiende werke, maar die poësie bly vir my die hoogtepunt.
YT: Hoe heb je zelf het werk van Breytenbach leren kennen? Welk beeld bewaar je van de kennismaking en is het in de loop van het leesparcours eventueel gewijzigd? Welke rol dicht je Breytenbach toe met betrekking tot het Afrikaans, dat hij een “bastertaal” noemde – een creoolse taal en vooral als een taal van Afrika zag?
DB: My eerste werklike leeservaring van Breyten, indien ek reg onthou, was The True Confessions of an Albino Terrorist. Ek was skaars veertien jaar oud en pas aangekom by ’n Engelse kosskool in Natal. My leesgierige ouer broer het die boek in die hande gekry, en almal in die familie moes hul beurt afwag. Ek onthou vaagweg dat die surrealistiese passasies my destyds frustreer het.
Nog voordat ek sy werk behoorlik leer ken het, was Breyten se digterlike aansien en politieke berugtheid reeds deel van my verwysingsraamwerk. Ek het dus sy etiese ywer bewonder lank voordat ek die wonder van sy estetiese ywer na waarde kon skat. Dit was die hoogbloei én die uitbloei van apartheid, toe Suid-Afrika van een noodtoestand na die volgende gesteier het. Breyten was by uitstek die “ons is nie almal so nie”-figuur.
Natuurlik is Afrikaans ’n bastertaal; ons is ook ’n basternasie. So what? Die versugting na suiwerheid, ’n verwronge ideaal wat nooit ’n werklikheid was nie, is lankal saam met ander -ismes by die wasbak afgespoel. Deesdae is die nuwe versugting eerder onskuld. Dit is maklik om van Afrikaans ’n strooipop te maak. Monduitspoel met Engels sal ons egter nie van aanspreeklikheid reinig nie. En alle mense word, op die een of ander wyse, in aandadigheid gebore.
Breyten het ’n veel hoër prys as die meeste betaal vir die vryheid om sy sê te sê. Hy het weinig ontsag gehad vir politieke gedienstigheid en het ook ná 1994 nuwe vyande gemaak met sy volgehoue pleidooi vir die behoud van Afrikaans.
By ’n geleentheid van Amnesty International, ’n paar jaar gelede, het ’n vriendelike ou Duitser Breyten op die skouer geklop en hulle het mekaar hartlik omhels. Hy was blykbaar een van die mense wat hom destyds uit die tronk probeer kry het. Tog was hy verstom dat Breyten steeds in Afrikaans skryf. “Surely it is better for that language to die out? Surely it is wrong to continue speaking it?”
Geld dit dan nie nog soveel sterker vir Duits nie? Of, inderdaad, vir enige taal?
YT: Kun je in een paar zinnen het grensverleggende en zelfs de iconische betekenis van de dichter Breytenbach onder woorden brengen? Of anders gezegd: hoe zou je zelf voor toekomstige lezers van Breytenbach, in Zuid-Afrika en elders, de poëzie aanbevelen?
DB: Aangesien dit nou sopas Wêreldbekersokkertyd was: Breytenbach is die Maradona van die Afrikaanse poësie.
Lees ook:
Breyten schrijven #45: Postumiteiten voor Breyten. In gesprek met Andries Visagie
"Tyd is skemer, tyd is gras" ‒ Tweespraak met Dominique Botha
Pierre Simond – Franse Hugenoot, Afrikaskrywer in Amsterdam gepubliseer



