Actueel
Stygende inflasie tref armes die hardste
2023-03-23"Hierdie styging van die inflasiekoers plaas verdere druk op die reeds benarde ekonomiese situasie in die land. Dit sal veral ’n negatiewe impak hê op huishoudings, wat reeds swaarkry weens die hoë brandstof- en voedselpryse."
EFF se berg het ’n muis gebaar
2023-03-22"Die EFF se aanspraak dat die afgelope Maandag se poging om die hele land tot stilstand te dwing die suksesvolste protesaksie in die land se geskiedenis was, word allerweë as erg oordrewe beskou."
Breyvier (Deel 2): Só breek Breytenbach en Krog tale oop en vernuwe denke
2023-03-21In die literator Yves T’Sjoen se pasverskene versameling essays Breyvier skryf hy oor fasette van die kunstenaarskap en intellektuele bydraes van Breyten Breytenbach, van Antjie Krog, en oor albei se nuanserende, onthutsende en oopmakende verkenning van menswees, die sentrale rol van tale, vertaling, vertaalbaarheid en die buitewyke van dit wat sêbaar is. In hierdie gesprek oor Breyvier, die tweede in ’n tweeluik, beantwoord T’Sjoen Willem de Vries se vrae oor die bundel, die rol van meertaligheid by albei digters en dié van die tydsgees.
Druk op Suid-Afrika om Poetin te arresteer
2023-03-21"Suid-Afrika is onder groot druk om die Russiese president, Wladimir Poetin, te arresteer wanneer hy die land later vanjaar vir die Brics-beraad besoek. Omar al-Basjir is in 2015 toegelaat om Suid-Afrika te verlaat sonder om ingevolge die Internasionale Misdaadhof-wetgewing aangehou te word."
Breyvier (Deel 1): T’Sjoen brei perspektiewe uit met besinnings en aantekeninge oor transnasionale belangrikheid van Breytenbach
2023-03-20In die literator Yves T’Sjoen se pasverskene essayboek Breyvier kry die leser tematies versamelde aantekeninge en bondige bespiegelings, asook aanvoorwerk vir verdere ontginning, in ’n ryklik gedokumenteerde ondersoek na Breyten Breytenbach en andere wie se invloed oor lande en dissiplines heen strek. In hierdie eerste deel van ’n gesprek oor Breyvier beantwoord T’Sjoen Willem de Vries se vrae oor hierdie versameling beskouings en navorsing waarin ook die literêre bande en verkeer tussen Nederland, Vlaandere en Suid-Afrika aan bod kom.
Spanning bou op vir Maandag se "landwye stilstand"
2023-03-17"Die regering, politieke partye en burgerlike organisasies het almal gebeurlikheidsplanne daargestel om te verhoed dat die protesaksie handuit ruk en tot plundering en geweld aanleiding gee."
Universiteit Stellenbosch kry slae by Menseregtekommissie oor Afrikaans
2023-03-15"In die MRK se verslag wat Woensdag bekend gemaak is, word onder meer beveel dat die US skriftelik om verskoning moet vra vir die debakel."
EFF se nasionale stilstand bedreig lewens, sê DA
2023-03-15"Die DA sê dit sal ’n fout wees om die skade te onderskat wat die EFF se dreigende 'national shutdown' aan besighede en werkers kan aanrig. Daarom gaan die DA hof toe vir ’n dringende interdik teen die EFF, sodat 'plunderaars en anargiste' gestuit kan word."
Steve Hofmeyr dok R100 000 op en vra LGBTQI+-gemeenskap verskoning
2023-03-14"Die Afrikaanse sanger Steve Hofmeyr se omstrede uitlatings oor die LGBTQI+-gemeenskap het hom R100 000 uit die sak gejaag, asook ’n onvoorwaardelike openbare verskoning wat hy op sosiale media moes plaas."
Totsiens Suid-Afrika, sê jonges
2023-03-10"Die stroom landsverlaters wat besig is om die land duur aan broodnodige vaardighede te kos, is veral kommerwekkend omdat die kritieke vaardighede wat so verlore gaan, dieper strek as wat selfs hierdie syfer toon. Dit is toenemend jongmense wat weggaan, maar nie uitsluitlik jongmense nie."
Alfred Schaffer, digter van drie wêrelddele
2023-03-10"Die Nederlandse digter Alfred Schaffer wat in Suid-Afrika woon, is die afgelope week vereer vir sy deurlopende bydrae tot die Suider-Afrikaanse Neerlandistiek asook vir sy rol as kulturele bemiddelaar tussen Suid-Afrika, Nederland en België tydens die instelling van die Alfred Schaffer-erelesing."
Tshwane se burgemeester goue ketting na agt dae kwyt
2023-03-09"Die gekonkel van Cope se enigste raadslid in die Tshwane-metroraad, Murunwa Makwarela, met die ANC en EFF om van die DA-geleide koalisieregering ontslae te raak, het hom duur te staan gekom. Hy is nie net sy goue burgemeestersketting kwyt nie, maar sit nou op straat sonder werk."
Taalkwesties: pleidooi voor een meertalig burgerschap
2023-03-08"Wat ons meer zorgen baart, is dat lokale gemeenschappen – niet alleen in Afrika of landen in het Globale Zuiden maar ook in Europa – zich minder betrokken voelen bij het wetenschapsgesprek. Het debat wordt doorgaans verengd tot wat zich in Globish makkelijk of stuntelig laat uitdrukken."
Nuwe kabinet is ’n "bondel gebreekte eiers in dieselfde mandjie"
2023-03-08"’n Geleentheid van verspeelde kanse. Dit is hoe burgerlike organisasies en opposisiepartye Cyril Ramaphosa se kabinetskommeling van die afgelope week opsom."
Phala Phala-dollars in Ramaphosa se rusbank na bewering "vuil" geld
2023-03-07"Die SAID het bevestig dat hulle geen rekords het van die $580 000 wat aan Ramaphosa se Phala Phala-plaas betaal is nie."
Kragkrisis kan vererger voordat dit beter word
2023-03-03"Teen fase 16, waar die frekwensie van fase 8 verdubbel word, is die aantal ure van beurtkrag oor ’n vierdaagse siklus 96 uur, wat beteken dat daar eintlik glad nie elektrisiteit is nie en dit maak nie juis praktiese sin nie."
Ramaphosa loop ’n bloutjie by die konstitusionele hof
2023-03-02"Nuwe druk gaan op Cyril Ramaphosa geplaas word om oop kaarte te speel oor die diefstal van miljoene rand by sy Phala Phala-wildsplaas nadat hy Woensdag ’n bloutjie in die Konstitusionele Hof geloop het oor die saak."
Werkloosheid daal effens, maar bly steeds hemelhoog
2023-03-01"Ongeveer 3,4 miljoen (33,6%) uit 10,2 miljoen jongmense van 15-24 jaar was egter steeds werkloos en ook nie op skool, of besig met opleiding nie."
Wokeness: Tweespraak van Yves T'Sjoen en Benno Barnard
2023-02-28"De Britse uitgeverij Puffin gaf onlangs toe aan drukkingsgroepen en greep in de teksten van kinderboekenschrijver Roald Dahl in. ... Wellicht spelen mercantiele overwegingen een rol in het Dahl-dispuut en is de moraliserende verontwaardiging over wat wordt beschouwd als politiek incorrect taalgebruik een drogreden. Al moeten we hierover niet lichtzinnig doen. Nederlandse en Franse uitgevers van Dahl haastten zich de voorbije week dan weer om duidelijk te maken dat de vertalingen in ieder geval niét wordt aangepast." – Yves T'Sjoen
Eskom-debakel kring al hoe wyer uit
2023-02-28"De Ruyter se beëdigde verklaring bevestig volgens ActionSA húlle oortuiging dat die ANC ’n kriminele sindikaat is wat direk verantwoordelik is vir die beurtkragramp."