Medewerkers
Etienne van Heerden | Uitvoerende redakteur: LitNet en Voertaal
Etienne van Heerden (Hillbrow, 1954) is skrywer en emeritus-professor aan die Universiteit van Kaapstad. Hy was vir baie jare Hofmeyr-professor in die Skool vir Tale en Letterkundes aan die Universiteit van Kaapstad. Sy boeke verskyn in 13 tale wêreldwyd. Hy is stigter-redakteur van LitNet, wat in Januarie 1999 aanlyn gegaan het nadat hy ’n voorstel vir ’n aanlyn-boekejoernaal aan 24.com gemaak het. Sedertdien het hy LitNet uitgebou en bestuur en toegesien dat die virtuele gemeenskap LitNet tot baie meer as ’n boekejoernaal ontwikkel. Hy dien as redakteur en mede-eienaar van LitNet in die LitNet-bestuurskomitee en is ook besturende direkteur van die maatskappy sonder winsbejag, LitNet Akademies. Die maatskappy bestuur die geakkrediteerde inhoud in LitNet se node vir akademiese skryfwerk, asook aktuele meningsgesprek rondom LitNet se akademiese inhoud.
Etienne behaal die grade BA (Regte) en LLB aan die Universiteit Stellenbosch en word as prokureur tot die destydse sybalie toegelaat. Verdere grade is Honneurs in Afrikaans en Nederlands (cum laude), Universiteit Stellenbosch, MA (cum laude), Universiteit van die Witwatersrand, PhD (Rhodes) en die eredoktorsgraad DLitt (hc), Universiteit van die Vrystaat.
Kontak Etienne by profetiennevh@gmail.com as jy ’n skerp idee vir ’n nuwe Voertaal-projek het.
Klik hier vir Etienne se webwerf.
Naomi Meyer | Senior inhoudsbestuurder: LitNet en Voertaal
Naomi Meyer (Tygerberg, 1975) is ’n nie-praktiserende prokureur. Ná haar regstudies en klerkskap in Bloemfontein, voltooi sy haar meestersgraad met lof by die Universiteit van Kaapstad, Departement Afrikaans en Neerlandistiek. Sy is in 2000 en in 2001 voltyds betrokke by LitNet en by die Taalsekretariaat. Tussen 2002 en 2011 het sy in Ierland gewoon, waar sy kontraktueel by ’n regsuitgewer betrokke was, regsassistentswerk by ’n een-man-prokureur verrig het en vyf jaar viool by ’n musiekskool gegee het. Haar jeugroman, Ruik jy die Filmster, het in September 2006 by Tafelberg verskyn. Deesdae is sy terug in Stellenbosch as LitNet se senior inhoudsbestuurder. Haar spanningsroman, Web, verskyn in Maart 2017 by Queillerie. Kontak: naomimeyer@litnet.co.za.
Menán van Heerden | Senior inhoudsbestuurder: LitNet (insluitend LitNet Akademies) | Redakteur: Voertaal
Menán van Heerden (Empangeni, 1987) het in Desember 2016 haar MA in sosiale antropologie cum laude aan die Universiteit Stellenbosch behaal. Tydens haar MA-studie het sy vir haar veldwerk Amsterdam besoek. Sy het ook ’n ses-maand- akademiese uitruil by Radboud Universiteit Nijmegen (Nederland) voltooi. Sy het ook ’n eenjaar-sertifikaatkursus in grafiese en webontwerp by CTU (Computer Training Unlimited), Stellenbosch-kampus, voltooi.
Sy het in 2010 op vryskutbasis by LitNet betrokke geraak en het in 2017 ’n internskap as navorser by South African History Online voltooi.
Sy het in daardie jaar deeltyds as inhoudsbestuurder by LitNet en LitNet Akademies gewerk. Menán sluit in 2018 as voltydse inhoudsbestuurder by LitNet, LitNet Akademies en Voertaal aan.
Sy is tans senior inhoudsbestuurder by LitNet en LitNet Akademies, en ook die redakteur van Voertaal.
Lees hier haar profiel op LitNet. Kontak: menanvh@gmail.com.
Ingrid Glorie | Inhoudsbestuurder: Nederland
Ingrid Glorie (Amsterdam, 1969) studeerde Nederlands en Algemene Literatuurwetenschap aan de Vrije Universiteit te Amsterdam. In 1993-1996 woonde ze in Stellenbosch, Zuid-Afrika. Sindsdien bouwde ze naam op als schrijver van recensies, interviews en wetenschappelijke studies op het gebied van de Afrikaanse literatuur. Ze publiceerde onder meer in Vrij Nederland, Trouw en het tijdschrift Schrijven in Nederland, De Standaard der Letteren en de Poëziekrant in België en Die Burger, Rapport en Insig in Zuid-Afrika. Ze verzamelde Afrikaanse spreekwoorden voor Van Dale's Spreekwoordenboek (2000) en verzorgde zes vertalingen: Verdwaald van Herman Wasserman (1999), Magersfontein, o Magersfontein! van Etienne Leroux (1999), Duivelspiek (2012) van Deon Meyer, De lantaarnzwaaier van Sophia Fourie (2014), Donkerland van Deon Opperman (2015) en Dit is mijn land (2016) van Simon Bruinders. Sinds september 2012 is Glorie hoofdredacteur van het tijdschrift van het Zuid-Afrikahuis in Amsterdam: Maandblad Zuid-Afrika (2012-2017) of Zuid-Afrika Spectrum (januari 2018-). Glorie is initiatiefnemer en coördinator van de Week van de Afrikaanse roman, die in 2017 voor de derde keer is gehouden. Contact: ingridglorie@voertaal.nu.
Nicky Grieshaber | Teksredakteur
Nicky Grieshaber (Taung, 1949) woon in Pietermaritzburg en is ’n onafhanklike taalkommunikasiespesialis. Hy het ’n BA (Hons.) aan die Universiteit van Natal (nou UKZN) verwerf, en ’n MA in taalkunde aan die destydes Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hoër Onderwys (nou NWU). Onmiddellik na voltooiing van sy honneursgraad het hy in die Departement Afrikaans en Nederlands aan die Universiteit van Natal in Pietermaritzburg begin klasgee en was lid van die voltydse personeel totdat hy in sy middel-40’s bedank het om sy eie baas te word. Hy werk sedert 2000 as vryskuttaalversorger vir LitNet en is o.a. vir taalversorging en -raadgewing by LitNet Akademies betrokke. Nicky is met Marilyn, ’n onderwyseres, getroud, en hulle is die allergelukkigste en allergeseëndste ouers, skoonouers en grootouers van twee seuns, ’n dogter, twee skoondogters en ’n kleinseun. Nicky se hoofbelangstelling buite die taalbedrywighede is musiek, en veral musiek maak. Hy is die skrywer van Diacs and quirks in a nutshell – Afrikaans spelling explained (2011) en het omtrent vier jaar lank ’n weeklikse rubriek oor Engelse taalgebruik in die KZN-streekskoerant The Witness geskryf. Webwerwe: www.wordguru.co.za en www.keysalive.co.za.
Natasja Schellaars | Taaladviseur
Natasja Schellaars (1981) is a Dutch Neerlandica who lives in South Africa since 2009. She is currently based in Pretoria and works as a freelance translator, language instructor and intercultural communications officer for organisasions like the Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns.