Reizen
Gaan verken die wonderlike oud en nuut van Dubai
2025-06-05"Dis danksy ’n vriendin se seun se vertellinge oor die Dubai Esports en Aanlynspeletjiesfees wat van 25 April tot 11 Mei gehou word en waarheen hy graag wil gaan, dat ons besluit om op te lees oor wat alles in die stad te sien is. Ons vlieg met Emirates en staan vir ’n dag en ’n half oor en kuier in Dubai, voor ons aanskuif na die stad se meer besadigde buurman, Abu Dhabi."
Ontvlug na tradisie by Vriesenhof
2025-05-14"Die nuwe restaurant in die ou plaashuis op Vriesenhof buite Stellenbosch is heel gepas genaamd Die Stoep. Hier verlustig jy jou nie net in die plaas se bekroonde wyne, die wonderlike geregte uit die kombuis, of deel jy in ons erfenis nie, jy word een met die portretagtige landskappe wat deur die reusevensters omraam word."
Grootste park in Zimbabwe, grootste vreugde
2025-04-30"Die ses wildkykvoertuie, wat elkeen 10 gaste kan akkommodeer, het net ses mense elk op."
Hier respekteer almal mekaar
2025-04-24"Die Abrahamitiese Familiehuis wat op 1 Maart 2023 geopen het, se missie bou voort op die Dokument oor Menslike Broederskap (The Document on Human Fraternity) wat in 2019 deur Pous Francis en Ahmed El-Tayeb onderteken is en veral gaan om die oortuiging dat oop dialoog, begrip en aanvaarding van kardinale belang is om die vele uitdagings wat die mensdom vandag in die gesig staar, aan te spreek."
Ligkuns bied alternatiewe kunsvorm
2025-04-09"[Die Spier Ligkuns-uitstalling] is een van die enigste toegewyde kontemporêre ligkunsuitstallings in Afrika en toegewy aan die groei van die ligkunsgenre in die suidelike halfrond. Dit bied geleenthede aan opkomende én gevestigde Suid-Afrikaanse kunstenaars, maar werk ook met besoekende kunstenaars van elders."
Ons reis met parfuum en geur en nostalgie
2025-04-01"Hierdie geure laat jou toe om ’n stukkie van jou ervaring saam huis toe te bring, wat dien as ’n herinnering aan jou verblyf wat lank na jou besoek talm."
Unieke uitstalling in Midde-Ooste fokus op Afrika-kuns
2025-03-17"’n Unieke omvattende uitstalling – ’n eerste van sy soort wat net op Afrika-kuns fokus – het pas by die Louvre Abu Dhabi geopen. Kings and queens of Africa: Forms and figures of power is ’n tydelike uitstalling wat deel vorm van die museum se doelstelling om kruiskulturele interaksies – oor die verhale van menslike kreatiwiteit wat kultuur, beskawing, tyd en plek oorskry – uit te beeld." Maryke Roberts gesels met die vervaardigers van dié uitstalling.
Geskiedenis by La Motte met moderne flair gehuldig
2025-03-11"Die La Motte-span het besluit om die La Motte-oeservaring aan die publiek te bied, om deel te wees van die wynlande se spesiale oestydvreugdes, te deel in die seën van die oes, die somerskoonheid van die Franschhoekvallei en die passies van die La Motte-familie eerstehands te ervaar."
Toe nie wilder as wild by Wildekrans!
2025-03-07"Drie salige dae by Wildekrans-wynlandgoed buite Botrivier is net wat ’n moeë stadsiel nodig het. En boonop is dit net ’n katspoegie van Kaapstad af, wat beteken jy is op die plaas nog voor jou agterwêreld in die motor deurgesit is."
Openbare ruimtes word met kuns versier
2025-03-04"Die eerste Openbare Kuns Abu Dhabi Biënnale (PAADB) is tans in die strate, parke en binnehowe van Abu Dhabi onderweg en duur tot 25 April. Die kleurvolle installasies maak die mooi sypaadjies en ruimtes nog mooier en bring kuns na Jan Alleman," skryf Maryke Roberts ná ’n besoek aan dié woestynstad.
Glaskas in die woud lawe die siel
2025-02-20"Ek sit met my voete in die koue bergwater; gooi klein ronde klippies dat dit hop oor die water; fluistersê die rympie: 'koei, kalf, een, twee, drie emmers melk ...' soos in my kleintyddae saam met my pa op die plaasdam se wal, waar my oupa-hulle bywoners was. Tyd staan dan stil."
Tallinn: Broosheid en heldedade in die toenmalige Oosblok
2025-02-14"Ons het ’n fassinasie met die voormalige Oosbloklande – asof enige besoek daar jou herinner aan die dae van Russiese spioene en afluisterapparate en dramas op die televisie. ... As dit nie vir die ligskakelaars, kragproppe en moderne blompotte was nie, kon jy regtig in enige eeu vasgevang wees."
Boere-braai in die Boere-Bahamas
2025-01-22"'Kobus Botha, vars van Frankryk, kook in Suid-Afrika se Boere-Bahamas en jy is genooi.' Wie sal nee dankie sê vir die kans om die gewilde Kokkedoor vuur en vlam-beoordelaar se kos op die wit sand van Saldanhabaai (Kobus noem dit Boere-Bahamas) te geniet?"
Ishigaki, deurgang na die Yaeyama-eilande
2025-01-15"Dis ons derde dag aan boord die luukse Norwegian Spirit op die Suid-Chinese Seevaart van 13 dae toe ons vroegoggend ons kajuit se skuifdeur oopstoot en die loom briesie die gordyne roer. Buite roep Ishigaki ons name."
Mooie Mauritius het ’n interessante geskiedenis
2025-01-07"Hierdie migrasie het die lewendige, multikulturele samelewing geskep waarvoor Mauritius vandag bekend is, met Indiese, Afrika-, Chinese en Europese invloede wat mettertyd saamgesmelt het."
Ongewone ontwerpsentrum ook tuiste van ongewone installasies
2025-01-02"Sy sien die vraagtekens op ons voorkoppe en verduidelik dat amorfies beteken die gebou het geen definieerbare vorm nie en met atipies bedoel die ontwerper dat die gebou anders is as wat normaalweg met gebou-ontwerp bedoel word."
Middelburgstasie: Nostalgie op ’n treinperron
2024-12-20"Dis werk aan ’n televisiereeks wat my die eerste maal in my lewe van die N4 laat afdraai en in Middelburg, Mpumalanga tot stilstand bring. Maar nie sommer enige plek in die dorp nie, o nee, by die stasie. ’n Sierlike sandsteengebou van 130 jaar oud, wat sy bestaan te danke het aan ’n Nederlandse maatskappy van ’n vorige lewe," skryf Maryke Roberts.
Ikone van straatkuns onder een dak
2024-12-04"Soos ons deur die uitstalling stap, besef ek ook hoeveel van die ander straatkunstenaars se werk is al só deel van die kunslandskap dat mens meer bekend is daarmee as wat jy besef."
Notre-Dame herrys wéér
2024-12-02"... Ek weet hoe spesiaal dit is om ’n reuse katedraaldeur oop te stoot – die handvatsel blink gevat; die drumpel holrug getrap; die hout donkerder bo waar geen volson kom nie. Om binne op die houtbankies te sit wat al houding het, ongelyke vloerteëls koel onder jou voete en die gedagte van bykans 1 000 jaar se gebruik alomteenwoordig."
Wonderlike kulinêre geheime wag in Brive en omstreke in Dordogne
2024-11-20"Périgord is bekend vir sy kookkuns, veral sy eend- en gansprodukte, soos confit de canard en foie gras. Périgord-wyne sluit Bergerac en Monbazillac in."