Reizen

Van laventellande en pastis tot nostalgie en goeie SA wyne

Maryke Roberts Culinair 2023-06-14

"Elke happie is ’n ontploffing nostalgie op jou tong: Kerkbasaar, begrafnisse, draadtuinstelle op dik groen grasperke, safaripakke, lang sokkies met kamme in, Brylcreem en motors met aaneen-sitplekke voor en agter. Inry."

Wynmuseums: Wyngeskiedenis kry lewe by dié wynplase

Maryke Roberts Culinair 2023-06-13

"Drie wyn-ervarings en -museums gee agtergrond oor die afgelope bykans vier eeue van wynmaak hier aan die suidpunt van Afrika."

Dit kook in Barrydale

Maryke Roberts Reizen 2023-06-13

"Barrydale het sy eie unieke kunstige aura. Mense noem die dorp ook Noddy Town omdat almal altyd met ’n kopknik groet."

Fynbos soos nog nooit tevore nie! Grootbos Privaat Natuurreservaat

Maryke Roberts Reizen 2023-04-20

"Elke ete is ’n ontdekkingsreis saam met sjef Ben Conradie en sy span. Voeg daarby drie keurige wynlyste met die beste wyne uit die land en jou fynbosreis word tot epikuriese hoogtes gevoer."

Saligheid op die savannavlaktes van Namibië

Maryke Roberts Reizen 2023-04-06

"Om agtuur in die oggend aan die oorvloeirand van die swembad te hang en te sien hoe ’n swaeltjie vir ’n millisekonde sy bekkie in vlug vol water skep of ’n bloedrooi naaldekoker se lyfie te sien patrone maak op ’n spieëlgladde oppervlak is vrede."

Memories and reflections of Egypt

Moegammad Tahier Kara Reizen 2023-03-09

"Before I left, I read a bit about Egypt, but not very intensely. Maybe, I think, that is the better way to do the tourist thing. Observe what there is to offer, and come back and symbolically make sense of it or offer real meaning to it. Egypt offers a one-of-a-kind experience. I think it is better to have a holiday when there are fewer expectations about what will play out and about the places you will visit."

Calitzdorp nie net portstylwyn-hoofstad nie, maar ook kulinêre lekkerte

Maryke Roberts Reizen 2023-03-06

’n Kuier op Calitzdorp op Route 62 is veel meer as net ’n Karoo-wegbreek of besoek aan die portstylwyn-hoofstad van die land. Dis om jou longe vol skoon Karoo-lug te trek, jou lippe en tong te bederf met die beste kos en wyne – waarvan heelwat van Portugese kultivars – en jou pas te verslap, skryf Maryke Roberts.

Stoepsit Fees 2023 draws visitors despite weather

Barbara Manning Festivals 2023-02-23

"Festivalgoers enjoyed not only the bonhomie on local stoeps, but also demonstrations, an interesting talk on the fascinating geology of the area, arts and crafts (mostly made in Rhodes) and locally made preserves and pickles."

Los jou stres by die Bosjes-hek

Maryke Roberts Reizen 2023-02-20

Jou stres bly duskant die Du Toitskloof-tonnel agter as jy deur die Slanghoek- en Waaihoekberge omring word op pad na Bosjes. En wanneer die Bosjes-hek agter jou toeskuif en die wit kurwes van die glasmuur-kapeldak jou tot stilte dwing, voel jy ’n ander mens, skryf Maryke Roberts.

Suid-Afrika deur ’n Duitse oog

Willemien Orth Reizen 2023-02-16

"Suid-Afrikaners noem hulleself die reënboognasie, maar ek het die sonskynmense diep in my hart weggesluit en hulle saam na die koue, grys Europa gebring."

Brand South Africa: How best to attract foreign tourists?

Anneleigh Jacobsen, Izak de Vries In het nieuws 2023-02-09

"There is no good way to spin loadshedding in an ad for South Africa as a tourist destination. Candle-lit dinners can only get you so far when you can’t charge your phone, use a hairdryer or watch TV while you’re on holiday. … But can we justify spending money on advertising South Africa when the basics are failing?"

Die ontwykende vos het ons, wel, bly ontwyk (Hornstrandir-natuurreservaat, die Westfjords, Ysland)

Maryke Roberts Reizen 2023-02-08

’n Paar jaar gelede het ons op jag na die noorderligte (aurora borealis) in die Arktiese Sirkel in Finland bykans ’n huispaaiement betaal vir twee – op die ou einde heerlike – hot dogs (Finse styl, natuurlik). Geen natuurskouspel nie, maar darem mosterd- én tamatiesous, dankie. Nou het twee heerlike pannekoeke in Ysland weer só ’n duur uitstappie geword, skryf Maryke Roberts.

Graaff-Reinet, die juweel van die Karoo

Izak de Vries Reizen 2023-01-05

"Die Karoo bied baie teen uiters bekostigbare pryse. Graaff-Reinet het ’n ryk geskiedenis en talle lieflike, historiese geboue. Vir my is dit ook die dorp waar Elise Bishop, Etienne van Heerden, Maya Fowler, Anton Rupert, GT Ferreira, Robert Sobukwe en Matthew Goniwe vandaan kom."

Groot Vyf nie al wat jou asem hier sal wegslaan nie (Mhondoro Safari Lodge & Villa, Limpopo)

Maryke Roberts Reizen 2022-12-23

"Ek wil eerder vertel van drie uitsonderlike ervarings wat ons daar onder die bosveldsterre en vroegoggendsekelmaantjie in die verte gehad het."

’n Lens op die nood in Noord-Nigerië: Aisha se storie

Ingrid van der Walt Meningen 2022-12-16

"Met die gewapende manne wat ons werklik nooit los nie, die kameras en die konvooi trek ons baie aandag. Om in plekke soos die mark en die gemeenskap ’n realistiese skoot te kry, is moeilik. Groot groepe mense kom om te kyk wat ons doen. Die geweermanne probeer hulle met geweld verjaag, tevergeefs. Dis die enigste oomblikke wat ek werklik benoud raak en besef as een skoot klap, is dit verby."

Reis: Amsterdam

Maryke Roberts Reizen 2022-11-25

Amsterdam is nie net die stad van kanale, fietse en wêreldklas museums nie, dis ook ’n smulpaap se droom, skryf Maryke Roberts.

Die land van vuur en ys

Maryke Roberts Reizen 2022-11-08

As jy die land van vuur en ys in die Noord-Atlantiese Oseaan aan die voete van Groenland besoek, moet jy natuurlik albei ervaar: vuur en ys, skryf Maryke Roberts ná tien magiese dae in dié ongerepte wildernis.

Ierse bier en humor in Cork

Maryke Roberts Reizen 2022-10-24

"As deel van die Norwegian Cruise Line se nuutste skip, die Prima, se eerste vaart van Ysland na Nederland, doen ons vir 12 uur aan by die hawestad Cork in Ierland. Ná twee dae op die oop see is dit met gemengde gevoelens dat ’n mens die eerste groen, dobberende baken in Cobh, die klein dorpie reg langs die water, by jou venster sien verbygly. Die stille, oop, kalm see en loom dae op jou balkon of langs die swembad het jou half onwillig gemaak om besige stede en verkeer te trotseer."

Honfleur in Frankryk is so mooi soos ’n blommeveld

Maryke Roberts Reizen 2022-09-30

"Toe die vrede en stilte my omgewe, gaan soek ons iets te drinke. Die tradisie hier is ’n sterk espresso met ’n dubbelskeut Calvados in ’n klein konjakglasie. Maar eers moet ons Calvados proe. Dié appelbrandewyn is eie aan hierdie streek en word op dieselfde manier as brandewyn gestook en verouder, maar word van appels, nie druiwe nie, gemaak."

Die Natalse Middelland is ’n fees

Izak de Vries Reizen 2022-09-01

"Daar is iets vir die meeste van ons in die Middelland van KwaZulu-Natal, veral ’n bietjie rus en vrede as jy uit die stad wil wegkom."

Verified by MonsterInsights
Top