Reizen
Toe nie wilder as wild by Wildekrans!
2025-03-07"Drie salige dae by Wildekrans-wynlandgoed buite Botrivier is net wat ’n moeë stadsiel nodig het. En boonop is dit net ’n katspoegie van Kaapstad af, wat beteken jy is op die plaas nog voor jou agterwêreld in die motor deurgesit is."
Openbare ruimtes word met kuns versier
2025-03-04"Die eerste Openbare Kuns Abu Dhabi Biënnale (PAADB) is tans in die strate, parke en binnehowe van Abu Dhabi onderweg en duur tot 25 April. Die kleurvolle installasies maak die mooi sypaadjies en ruimtes nog mooier en bring kuns na Jan Alleman," skryf Maryke Roberts ná ’n besoek aan dié woestynstad.
Glaskas in die woud lawe die siel
2025-02-20"Ek sit met my voete in die koue bergwater; gooi klein ronde klippies dat dit hop oor die water; fluistersê die rympie: 'koei, kalf, een, twee, drie emmers melk ...' soos in my kleintyddae saam met my pa op die plaasdam se wal, waar my oupa-hulle bywoners was. Tyd staan dan stil."
Tallinn: Broosheid en heldedade in die toenmalige Oosblok
2025-02-14"Ons het ’n fassinasie met die voormalige Oosbloklande – asof enige besoek daar jou herinner aan die dae van Russiese spioene en afluisterapparate en dramas op die televisie. ... As dit nie vir die ligskakelaars, kragproppe en moderne blompotte was nie, kon jy regtig in enige eeu vasgevang wees."
Boere-braai in die Boere-Bahamas
2025-01-22"'Kobus Botha, vars van Frankryk, kook in Suid-Afrika se Boere-Bahamas en jy is genooi.' Wie sal nee dankie sê vir die kans om die gewilde Kokkedoor vuur en vlam-beoordelaar se kos op die wit sand van Saldanhabaai (Kobus noem dit Boere-Bahamas) te geniet?"
Ishigaki, deurgang na die Yaeyama-eilande
2025-01-15"Dis ons derde dag aan boord die luukse Norwegian Spirit op die Suid-Chinese Seevaart van 13 dae toe ons vroegoggend ons kajuit se skuifdeur oopstoot en die loom briesie die gordyne roer. Buite roep Ishigaki ons name."
Mooie Mauritius het ’n interessante geskiedenis
2025-01-07"Hierdie migrasie het die lewendige, multikulturele samelewing geskep waarvoor Mauritius vandag bekend is, met Indiese, Afrika-, Chinese en Europese invloede wat mettertyd saamgesmelt het."
Ongewone ontwerpsentrum ook tuiste van ongewone installasies
2025-01-02"Sy sien die vraagtekens op ons voorkoppe en verduidelik dat amorfies beteken die gebou het geen definieerbare vorm nie en met atipies bedoel die ontwerper dat die gebou anders is as wat normaalweg met gebou-ontwerp bedoel word."
Middelburgstasie: Nostalgie op ’n treinperron
2024-12-20"Dis werk aan ’n televisiereeks wat my die eerste maal in my lewe van die N4 laat afdraai en in Middelburg, Mpumalanga tot stilstand bring. Maar nie sommer enige plek in die dorp nie, o nee, by die stasie. ’n Sierlike sandsteengebou van 130 jaar oud, wat sy bestaan te danke het aan ’n Nederlandse maatskappy van ’n vorige lewe," skryf Maryke Roberts.
Ikone van straatkuns onder een dak
2024-12-04"Soos ons deur die uitstalling stap, besef ek ook hoeveel van die ander straatkunstenaars se werk is al só deel van die kunslandskap dat mens meer bekend is daarmee as wat jy besef."
Notre-Dame herrys wéér
2024-12-02"... Ek weet hoe spesiaal dit is om ’n reuse katedraaldeur oop te stoot – die handvatsel blink gevat; die drumpel holrug getrap; die hout donkerder bo waar geen volson kom nie. Om binne op die houtbankies te sit wat al houding het, ongelyke vloerteëls koel onder jou voete en die gedagte van bykans 1 000 jaar se gebruik alomteenwoordig."
Wonderlike kulinêre geheime wag in Brive en omstreke in Dordogne
2024-11-20"Périgord is bekend vir sy kookkuns, veral sy eend- en gansprodukte, soos confit de canard en foie gras. Périgord-wyne sluit Bergerac en Monbazillac in."
Reddingsbaadjies as sosiale kommentaar
2024-11-12"Jy vertrek van Ísafjörður per ferrie en die rit na Kvíar oor die ysige potblou see duur ongeveer ’n uur. As jy terugkyk na die land wat bo die skuimstreep agter die klein bootjie kleiner word, voel jy waarlik nietig."
Kersies aansteek bring innerlike vrede
2024-11-05"Aan die voete van die wêreld se grootste brons Boeddha, Vairocana, in die wêreld se oudste houtstruktuur, die Tōdai-ji-tempel, stoot ’n beampte die spierwit kersies in ’n houtboksie reg. So vinnig as wat hy regstoot, so vinnig neem hande die kersies en steek hulle aan. Ek wonder hoeveel kersies hy daagliks uitpak en regpak."
Amsterdam, een fijne stad!
2024-11-04"Nederland, Suid-Afrika, Amsterdam en Afrikaans se wortels is so inmekaargevleg, dit sal moeilik wees om daardie vlegsel los te maak. Vir my is die gemene deler natuurlik die taal."
Jeju-eiland: Suid-Korea se geheime juweel
2024-10-30"Die eiland is ongeveer twee miljoen jaar gelede deur die uitbarsting van ’n onderwatervulkaan gevorm en is ’n natuurlike wêrelderfenisgebied. Die Jeju- vulkaniese eiland en lawabuise, wat in die botaniese park te sien is, was die rede hoekom ons juis hierdie uitstappie gekies het."
Persverklaring: Reis na Nederland en België in 2025
2024-10-29Doen vandag nog aansoek om deel te neem aan die Jongerenprojek in 2025. Aansoeke sluit 10 Maart 2025.
’n Terugreik na toeka se Wildtuin
2024-10-23"Ek was nooit ’n tentmens nie, maar begrippe soos rudimentêr, stoer en outentiek vind by my sterk aanklank. Dit herinner aan die 'ou Wildtuin' wat ek as kind leer ken en as jong volwassene leer lief kry het: ’n aardse plek – hoe nader aan die aarde hoe beter – en waarlik ’n natuurtuin – hoe nader aan die natuur hoe beter."
Laat die Hanrivier en eggo’s van lag ’n Seoel-simfonie speel
2024-10-21"Die tydjie hier was een groot verrassing met net genoeg tegnologie en bereikbaarheid; net genoeg tradisie en ouwêreldse sjarme; net genoeg stad en net genoeg tuine, woude en berge waarheen jy kan ontsnap om asem te skep."
"Erfenis" kry hier nuwe betekenis
2024-10-17"Alles is ontwikkel om jou sintuie én brein te stimuleer. Daar is geluide en tasbare uitstallings, klanke en klieks, en dis soms moeilik om te glo jy is so naby aan die Moederstad, want dit voel asof jy honderde jare gelede in die rooi duine van die Noord-Kaap dwaal met ’n boog op jou rug en ’n volstruiseierdop vol water."