Reizen
Reis in die tyd van die korona: Die wysheid van die meeue
2021-02-15"Die Omani’s in hul lugverkoelde voertuie ver van die strande van Batinah, verlang hul soms na mosseltyd? Onthou hul nog van die wysheid van die meeue?"
Breedekloof bekoor die reisiger
2021-01-12"Die vallei is beeldskoon, dus skep selfs daardie kosbare oomblikke wanneer ’n mens wag vir die kos om voorberei te word, ’n geleentheid om stil te word en jou eie batterye te laai."
Wellington
2021-01-11Daar is vele goeie dinge wat jy aan die Bolandse dorp, Wellington, kan toeskryf: dis die plek waar die gevierde skrywer, Breyten Breytenbach, as kind gewoon het. Dis die geboorteplek van Piet Retief en generaal J.B.M. Hertzog; dit spog met ’n hele klomp Kaap-Hollandse huisies en was een van Suid-Afrika se wamakersentrums, skryf Maryke Roberts.
Die Sederberg is goed vir die siel
2021-01-08"’n Mens hoef nie ryk te wees om die Sederberg te geniet nie, maar beplanning is noodsaaklik."
Pak jou tas: Stellenbosch
2020-12-23"In 1971 het Stellenbosch die eerste wynstreek in Suid-Afrika geword, om ’n wynroete te vestig. Aanstaande jaar word dié roete 50 jaar oud en die hele dorp en wynkelders sing voor in die feeskoor."
Jongste, unieke wynroete neem jou tot die suidpunt van Afrika
2020-11-27Dit is Suid-Afrika se jongste wyngroepering – en uniek, omdat jy nêrens anders in die wêreld kan spog dat jou druiwe van die suidelikste punt in Afrika kom nie, skryf Maryke Roberts. Elke plaas het iets endemies aan die streek in hul logo’s, etikette en slagspreuke gebruik. Die bedreigde swarttobie is daar; so ook die baardskeerderspinnekop en die suikerbekkie.
Simondium
2020-11-05Tussen die R44, R45, neffens die N1 en R310 naby Stellenbosch, Paarl en Franschhoek, is ’n klein vierkantige lappie aarde waar die tuine, wingerde, berge en uitspansel jou deel van ’n reuseskildery maak. In Simondium kan smulpape en wynliefhebbers dae deurbring, skryf Maryke Roberts.
Persvrystelling: Die Jongerenprojek wil ’n boek saamstel
2020-10-20Of jy nou ’n deelnemer, gasouer of ander betrokkene was, dis jóú herinneringe en wedervaringe wat in die boek moet staan – jy moet dit nog net aan ons stuur.
Blomtyd in die Weskus Nasionale Park
2020-10-09"Wanneer dit blomtyd is, word Postberg vir ’n beperkte aantal motors per dag oopgestel. Toelatings tot daardie deel van die park gebeur reg deur die dag, maar dit is veiliger om vroeg op te staan en seker te maak dat jy nie té laat opdaag en weggewys word, of baie lank moet wag nie."
Argitektuur en natuurskoon lok jou terug na historiese Swellendam
2020-10-02Laatwinter in ’n historiese dorp, waar die sagte skaduwees die kurwes van Kaap-Hollandse argitektuur troetel, rook by ou vuurherde uitwarrel en jy varsgebakte brood uit ’n ou buite-oond kan koop, is ’n spesiale tyd. Die Bolandse dorp Swellendam is Suid-Afrika se derde oudste en dateer uit 1745. Die pragtige argitektuur, onbelemmerde natuurskoon en bekroonde wyne maak dit beslis ’n gewilde kuierplek, skryf Maryke Roberts.
Besoek Suid-Afrika: Darling se blomme
2020-10-01"Darling, slegs sowat 80 km van Kaapstad af, is ’n uitstekende begin van ’n blommevakansie weens die groot aantal veldtipes om die dorp. Meer as 1 200 plantspesies is reeds om Darling opgeteken."
"Brussel sal altyd ’n spesiale plek in my hart hê"
2020-08-26"As ek môre na België toe kan trek, sal ek! Ek hoef glad nie eers twee keer daaroor te dink nie. Hopelik kan ek eendag permanent daar bly!"
Pinot noir van Hemel-en-Aarde
2020-08-18Op 18 Augustus vier die wêreld Pinot Noir-dag, en drie salige dae in Hemel-en-Aarde buite Hermanus, waar van Suid-Afrika se bekendste en bekroonde pinot noirs gemaak word, is die ideale manier om die mense agter dié wenkultivar te ontmoet en ook sommer ons kennis oor die wynstyl te verbreed, skryf Maryke Roberts.
Bestemming: die Arktika
2020-08-06"Arktika is een van dáárdie woorde wat my onmiddellik op ’n verbeeldingsreis stuur. Dit laat my hunker na afgesonderde stiltes, ysige koue en die belofte van die noorderligte."
Suid Amerika – Deel 3: Die Iguazu-waterval, Brasilië en gesprekke met vreemdelinge
2020-08-03"Wanneer vertrou ons en wanneer nie, en meer belangrik, waarom nie? Gesigsuitdrukkings en gevoel speel tog ’n belangrike rol. Ons kan nie een sin met Johannes gesels nie. Tog sit ons nou en eet aandete saam met hom."
’n Tweede heen-en-weer-reis na Suid-Korea en wat ek geleer het
2020-07-30"Wat ek nie besef het nie, is dat ek Korea en die Koreaanse kultuur opnuut anders sou beleef as toe ek 22 was. Is dit die ding van reis as jy ’n bietjie ouer is? Dat jy sekere aspekte van ’n land en kultuur selfs meer kan absorbeer en waardeer?"
Salige Stanford
2020-07-24Die wynroetes in en om Kaapstad, Stellenbosch en die Paarl, is gesogte trekpleisters en heerlike dag-uitstappies as jy in die Boland vertoef. Maar soms is daar geheimenisse van ander wingerde net oor die volgende heuwel wat wag om ontdek te word – soos die lede van die Stanford Wynroete – skryf Maryke Roberts, wat vir drie dae (vóór die inperking) daar gaan asemskep het.
Neem die Kaapse wynlande saam wildtuin toe!
2020-07-16"’n Jaar gelede, toe die winter in die Kaap reën en koue bring, het ek die laaste besprekings vir ’n Bosveld-vakansie so al om die Krugerwildtuin in die noorde van die land bevestig. Met inperking is daardie reis nou een van die kosbare herinneringe wat soveel mense staande hou in hierdie onsekere tye. Met ’n glas Kleine Zalze Vineyard Selection voor my kaggel in die Kaap herleef ek weer elke oomblik."
Die naakte waarheid van een aand in ’n Marokkaanse bad
2020-06-10"As jy werklik ’n land se binnekamer kan sien, sonder die betoeisels en vertalings, dan is dit ’n voorreg wat vir min gegun word."
’n Suid-Indiese troue se kleurryke, kultuurryke tradisies
2020-05-07"Die bruid en haar aanstaande het ons maande voor die troue al begin voorberei. Maar niks kan mens werklik voorberei vir reis na ’n land soos Indië nie, en veral nie vir die ryk kulturele ervaring van ’n Indiese troue nie. Dit duur veel langer as ’n middag en ’n aand soos in Suid-Afrika. Dit is feestelik, groots, seremonieel en kleurvol – soos Indië self."