Actueel
Die parlement se wiele rol om Ramaphosa in ’n staat van beskuldiging te plaas
2026-06-03"Die verkiesing van die voorsitter het vinnig in ’n ideologiese magstryd ontaard. Gana is deur Mikateko Mahlaule van die ANC benoem, en sy nominasie is gesekondeer deur George Michalakis van die DA."
Geen EFF weer nie: Zille trek ferm streep vir Johannesburg-koalisie
2026-06-02"Of hierdie benadering gaan werk, sal grootliks afhang van die verkiesingsuitslag en of ander partye bereid is om op grond van beginsels eerder as posisies saam te werk. Die komende maande gaan kritiek wees vir Johannesburg se politieke toekoms."
Amptelike opposisie se parlementêre hoofsweep gearresteer
2026-05-29"Politieke ontleders waarsku dat hierdie tipe skandale die MK Party se geloofwaardigheid verder kan skaad, veral met die plaaslikeregeringsverkiesings wat later vanjaar plaasvind."
Twee krokodille in ’n kinderswembad het die Oos-Rand op hol
2026-05-28"Met ’n lasbrief van die Springs-landdroshof in die hand en genoeg amptenare om ’n klein staatsgreep te laat slaag, het die span omstreeks 10:00 opgedaag."
Baie boere verlig oor bek-en-klouseer ná Steenhuisen ’n bloutjie in die hof loop
2026-05-27"Die staat se traagheid om entstowwe betyds beskikbaar te stel het tot intense frustrasie onder boere gelei. Baie het aangevoer dat die departement se kapasiteit eenvoudig nie opgewasse is vir die omvang van die krisis nie."
Kookpunt oor immigrasie: Regering gryp in te midde van groeiende spanning
2026-05-26"Burgerlike groepe soos Operation Dudula en March and March lei tans grootskaalse betogings in stede soos Johannesburg, Pretoria en Durban. Hulle eis dat ongedokumenteerde buitelanders die land moet verlaat en het ’n 30 Junie 2026-sperdatum gestel."
Suid-Afrika kraai weer koning by Chelsea-blommeskou terwyl Nederland ook hul staal wys
2026-05-22"Die uitstalling, 'Lewe ná vuur', ontwerp deur landskapontwerper Leon Kluge saam met kunstenaar Tristan Woudberg, het beoordelaars én besoekers diep aangegryp met sy dramatiese uitbeelding van die Kaapse fynbos se vermoë om ná vernietigende veldbrande weer tot lewe te kom."
Een jaar sonder beurtkrag, maar Johannesburg se situasie is donker
2026-05-21"Die organisasie ondersoek tans alle moontlike kanale om inwoners teen kragafsluiting te beskerm en moedig die publiek aan om skriftelike vertoë aan Eskom te rig."
Konstitusionele Hof ruk NGV se tande uit: Dokters wen groot stryd teen staatsbeheer
2026-05-20"Die groter debat oor hoe Suid-Afrika universele toegang tot kwaliteitgesondheidsorg moet bereik, is egter nog lank nie verby nie. Wat die hof nou duidelik gemaak het, is dat selfs goedbedoelde hervormings steeds aan die Grondwet moet voldoen."
Bloedbad op Kaapse Vlakte duur voort ondanks weermag se ontplooiing wat miljoene kos
2026-05-19"Vir duisende inwoners bly hoop ’n luukse en vrees ’n daaglikse werklikheid. Sodra die militêre konvooie verdwyn, begin die geweervuur dikwels weer van vooraf."
Tolashe-afdanking herstel Ramaphosa se politieke aansien ... ietwat
2026-05-15"President Cyril Ramaphosa is ’n leier wat hom nooit laat aanjaag nie. En dat hy sy tyd neem om oor kritieke kwessies te besluit deur wyd te beraadslaag – maande lank, en selfs langer – voordat hy optree, is ’n bron van uiterste frustrasie vir sy politieke opponente, kommentators, lede van die publiek en selfs partygenote."
Parlement begin met ondersoek rakende staat van beskuldiging teen Ramaphosa oor Phala Phala-skandaal
2026-05-15"Die komitee se taak is om die paneelverslag, die diefstal en alle verwante getuienis te ondersoek en aan die parlement verslag te doen. Dit kan tot ’n aanbeveling vir ʼn formele staat van beskuldiging lei."
Ramaphosa verf rooskleurige prentjie terwyl werkloosheid na 32,7% styg
2026-05-14"Die syfers vir jongmense bly veral ontstellend. Werkloosheid onder 15–24-jariges staan nou op 60,9%, terwyl dit onder die 15–34-ouderdomsgroep op 45,8% is."
Ramaphosa kies die loopgrawe en veg vir politieke oorlewing
2026-05-13"Die krisis plaas die parlement nou in die middel van ’n delikate grondwetlike en politieke proses. Speaker Thoko Didiza het reeds aangedui dat die proses om ’n afsettingskomitee saam te stel, binnekort sal begin."
Nasionale ramp tref Wes-Kaap – en skole gesluit terwyl stormweer lewens eis
2026-05-12"Die uiterste weerstoestande het reeds tot lewensverlies gelei, massiewe infrastruktuurskade aangerig en die provinsiale regering genoop om alle skole vandag (Dinsdag, 12 Mei) te sluit."
Politieke aasvoëls sweef oor Ramaphosa ná die Konstitusionele Hof se Phala Phala-uitspraak
2026-05-08"Die Phala Phala-skandaal is ’n klad op sy naam – en daarom is dit noodsaaklik dat hy die geleentheid gegun word om die onsekerhede daaroor en die onbeantwoorde vrae uit die weg te help ruim."
Politieke druk neem toe oor “bankrot” Johannesburg ná nasionale tesourie-waarskuwing
2026-05-08"Onder die moontlike oplossings wat nou bespreek word, is ’n dringende aangepaste begroting, strenger invordering van skuld, drastiese besnoeiings op uitgawes en selfs moontlike administrasie ingevolge artikel 139 van die Grondwet."
Xenofobiespanning neem toe te midde van internasionale druk op Suid-Afrika
2026-05-07"Intussen waarsku ontleders dat sonder doeltreffende beleid, verbeterde dienslewering en ’n duidelike openbare dialoog, die huidige spanning maklik kan eskaleer."
Demokrasie onder beleg: Slegs 17% van Suid-Afrikaners tevrede met huidige stelsel
2026-05-06"Die RGN-navorsing dien as ’n belangrike barometer vir openbare sentiment. Dit toon dat Suid-Afrikaners nog waarde heg aan vrye spraak en regverdige verkiesings, maar toenemend twyfel of die stelsel hul belange dien. Defend Our Democracy, ’n breë alliansie van organisasies en burgers, beplan om sulke gesprekke voort te sit en burgers te mobiliseer."
Suid-Afrika se viering van vryheid: ’n dag van twee soorte liedere
2026-05-05"Maar gewone burgers het lank reeds verby Madiba se eerste twee punte beweeg: Wat hulle betref, het ons die wonde goed laat genees en die verdeeldheid tot ’n gerusstellende mate oorbrug."