Actueel
RNE se ekstra "stralerjakkers" kos land miljoene rand
2024-12-13"In antwoord op ActionSA se vraag het die minister van finansies onthul dat die salarisse, personeel en verwante byvoordele vir nuut aangestelde ministers en adjunkministers alleen R239 miljoen beloop, insluitend R800 000 per ministerie vir luukse voertuie."
Volgende jaar is ’n ander land
2024-12-12"Die groot onsekerheid waarmee ons 2025 binnegaan, is of die RNE staande gaan bly."
Voedselinflasie op laagste vlak in 14 jaar: Kersfees-kosmandjies lyk voller
2024-12-12"Die armste huishoudings het die hoogste inflasiekoers sedert Januarie 2022 gedra, met ’n hoogtepunt van 11,3% in April 2023. Dit het in November 2024 tot 3,8% gedaal, maar bly die hoogste in alle uitgawekategorieë."
Littering on the campaign trail
2024-12-11"Political advertising leaves behind a fair amount of litter on the campaign trail. Posters and slogans are used to spread the logo, while political merchandise only truly indicates how much the party is willing to spend on showing off to its audience."
Ouers skarrel rond nadat miljoene rand se babamedisyne onttrek word
2024-12-11"Herroepingsaksies kan volgens Sahpra verskil na gelang van die tipe mediese produk en die omvang van wat die probleem vir openbare gesondheid en veiligheid inhou."
Vrydag die 13de is maak of breek vir die Bela-wet
2024-12-10"Noudat die drie maande Vrydag ten einde loop, is daar steeds geen sprake van ’n ooreenkoms wat deur al die partye aanvaar word nie."
Eskom bespaar miljarde rand se diesel
2024-12-06"Yelland sê Eskom fokus daarop om inkomste te verhoog, maar gee min aandag aan die vermindering van sy kostestruktuur, die vermindering van skuld- en finansieringskoste, die vermindering van verliese, die verbetering van finansiële en bedryfsprestasie, of die vervreemding van niekernbates."
Oos-Kaap skud toerismevere reg te midde van misdaadvlaag
2024-12-05"Alhoewel die Oos-Kaap bekend is vir sy natuurlike skoonheid en ryk kultuurerfenis, wat dit die status van ’n top toerismetrekpleister laat verdien, is die gasvryheidsbedryf bekommerd dat ’n oplewing in geweldsmisdaad die aantal Suid-Afrikaanse en internasionale besoekers aan die provinsie kan laat verminder."
Wilgenhof se stof wil nie gaan lê nie
2024-12-04"Daar is nou aan beide kante van die debat ongelukkigheid oor die huidige toedrag van sake. Sommige is ongelukkig omdat die visekanselier en voorsitter van die raad so lig daarvan afgekom het, terwyl ander vies is oor die bevinding van Kriegler en sy paneel."
Presidensie gooi koue water oor Solidariteit se opgewondenheid oor Bela-wet
2024-12-03"Mashatile het verduidelik dat slegs een party in die RNE die ooreenkoms onderteken het. Dit is boonop onderteken sonder dat hy of president Cyril Ramaphosa kennis gedra het daarvan of toestemming aan iemand in die presidensie gegee het om so ’n ooreenkoms aan te gaan."
Donker sowel as lig in Eskom se tonnel
2024-11-29"Minstens vier Vrystaatse dorpe kan vanaf einde Januarie aanstaande jaar sonder krag wees omdat hulle munisipaliteite meer as drie jaar laas hul skuld aan Eskom betaal het."
Misdaad daal effens, maar misdadigers maak steeds amok
2024-11-28"Daar was tot dusver 19 279 moorde in Suid-Afrika in 2024, en gemiddeld 70 moorde per dag in die tydperk Julie tot September 2024."
Die Phala Phala-spook staan weer op
2024-11-27"Die EFF en African Transformation Movement (ATM) het die Konstitusionele Hof genader om die parlement se besluit om nie ’n vervolgingsondersoek na Ramaphosa te hou vir die Phala Phala-plaasskandaal nie, ongrondwetlik te verklaar."
Frankryk bring ook hulde aan Breyten Breytenbach
2024-11-26"President Emmanuel Macron van Frankryk was een van vele prominente figure regoor die wêreld wat hulde gebring het aan Breyten Breytenbach, wat Sondag oorlede is."
Wêreld is verdeeld oor strafhof se lasbriewe oor Israel
2024-11-22"Nederland was die eerste Europese land wat verklaar het dat hulle die IS se bevele sal nakom."
Gifkrisis in spazawinkels word dalk ’n nasionale ramp
2024-11-22"Die Nasionale Rampbestuursentrum het dit reeds as ’n nasionale ramp geklassifiseer, ingevolge artikel 23 van die Rampbestuurwet 57 van 2002. Dit maak dit vir die regering moontlik om maklik en vinnig voedselverwante siektes as ’n nasionale ramp te verklaar, indien nodig."
In memoriam Anastasia de Vries
2024-11-21"She believed that Dutch and Afrikaans could be the domain of black people, and she worked to help her students reach that conclusion, too. Anastasia was a bridge between literature, language and the everyday lives of those most often neglected by the academy."
Suid-Afrika se weermag is hopeloos op land, see en in die lug
2024-11-21"RISE Mzansi se hoofsweep, Makashule Gana, sê as hierdie sake nie aangespreek word nie, sal die land binnekort net in naam oor ’n weermag beskik – indien dit nie reeds die geval is nie."
Through the rabbit hole of South African cults
2024-11-20"Religious freedom covers faith, but shouldn’t extend the umbrella further than anything the law allows for. Cult leaders manipulate, whereas religious leaders are expected to guide."
Hofstryd wink weer oor die publikasie van matriekuitslae
2024-11-20"AfriForum het sy regspan opdrag gegee om vir ’n saak voor te berei om te sorg dat die uitslae van vanjaar se matrikulante op mediaplatforms gepubliseer mag word. Dit volg nadat dit aan die lig gekom het dat die Inligtingsreguleerder van Suid-Afrika (IR) die openbare bekendmaking daarvan verbied het."