Actueel
Pogings om Bela-wet te wysig en daarteen te protesteer kry wind van voor
2024-10-23"Die aksie word gereël om protes aan te teken teen artikels 4 en 5 van die Bela-wet, wat die finale besluitnemingsmagte oor skole se toelating- en taalbeleid van beheerliggame ontneem."
Alles gereed om geloofwaardige matriekeksamen te verseker
2024-10-22"Die minister van basiese onderwys, Siviwe Gwarube, sê haar departement het streng veiligheidsmaatreëls getref om die integriteit van eksamens te handhaaf deur met die nasionale en provinsiale gesamentlike bedryfskomitees saam te werk."
Viva Afrikaans vir hoëvlakfunksies
2024-10-18"’n Ooreenkoms om die hoëvlakfunksies van Afrikaans te bevorder is die afgelope week tussen die Virtuele Instituut vir Afrikaans, VivA, en die privaat universiteit Akademia gesluit."
Meer as ’n halfmiljard bestee aan toerismeprojekte met min om te wys
2024-10-17"Infrastruktuur wat bedoel is om Suid-Afrika se toerismebedryf te versterk, bly onvoltooid, verlate of gaan gebuk onder vandalisme wat deur begrotingsteenstrydighede vererger word."
McKenzie ontken hy het die soustrein gery Olimpiese Spele toe
2024-10-16"Die minister van sport, kuns en kultuur, Gayton McKenzie, is boos omdat hy daarvan beskuldig word dat hy op die soustrein ry nadat dit aan die lig gekom het sy reis na die Olimpiese Spele vroeër vanjaar het die belastingbetalers sowat R800 000 gekos."
Loterykommissie blaas miljoene om fluitjieblasers glo uit te kikker
2024-10-15"Die Nasionale Loterykommissie (NLK) gaan in die parlement voor stok gekry word omdat hulle miljoene rand geblaas het op regskostes en dissiplinêre navrae waarby vorige en huidige personeel betrokke is."
Nuwe visums verwelkom mense in Suid-Afrika en skep ekonomiese groei
2024-10-11"Die nuwe stelsel, wat ’n sleutelaanbeveling was van die werkvisumoorsig wat in 2023 gepubliseer is, stel ’n deursigtige stel kriteria bekend om objektief te bepaal wie vir ’n kritiekevaardighede- of ’n algemene werksvisum kwalifiseer."
ActionSA oorhandig Tshwane aan EFF en ANC se RET-faksie
2024-10-10"ActionSA het in hulle reaksie gesê Moya is ’n hoogs gekwalifiseerde individu met uitgebreide ondervinding in plaaslike regering om goeie bestuur te herstel en die hoofstad reg te ruk."
The state of South African state hospitals
2024-10-09"South African state hospitals and clinics are the primary healthcare option for millions of individuals without private care. However, the implementation of the National Health Insurance (NHI) Bill could broaden governmental reach into how private healthcare works. Should doctors and patients embrace the NHI, or could it be the straw that snaps the healthcare system’s back?"
Suid-Afrikaners slyp hul tande vir Elon Musk se Starlink
2024-10-09"Volgens huidige regulasies in Suid-Afrika moet kommunikasiemaatskappye 30% in swart besit wees om in die land te kan werk. Die minister van kommunikasie en digitale tegnologie, Solly Malatsi van die DA, wil egter die reëls verander sodat Starlink ook in Suid-Afrika kan funksioneer."
Ramaphosa vra vir ’n einde aan "aanslag teen die Palestyne"
2024-10-08"Ramaphosa sê die realiteit is dat hierdie jongste eskalasie deel is van ’n patroon van geweld wat oor meer as ’n halfeeu strek as gevolg van die besetting van Palestina."
Kom daar ’n derde wêreldoorlog?
2024-10-04"Die heersende wêreldorde is besig om te verander en konflik neem wêreldwyd toe, maar dit beteken nie ’n derde wêreldoorlog is op pad nie."
Mislukkings van NVG-administrasie laat kinderverkragter op vrye voet
2024-10-03"’n Veroordeelde kinderverkragter is nou al vir meer as twee jaar op vrye voet en in die samelewing bedrywig omdat sy appèlsaak teen sy skuldigbevinding nooit na die Pretoriase Hooggeregshof verwys is nie."
Vakbonde vra groter minimumlone; DA sê dit sal meer werkloosheid skep
2024-10-02"Maandag was die sluitingsdatum vir die indien van skriftelike kommentaar oor moontlike aanpassings aan die nasionale minimumloon vir volgende jaar. Giwusa sê ’n verhoging tot R15 000 word genoodsaak deur die stygende lewenskoste."
Die nadraai van 29 Mei se verkiesingsuitslag
2024-10-01"Die enigste party wat volgens die paneel op die oomblik werklik groeipotensiaal in Suid-Afrika het, is die MKP van Jacob Zuma, en dit is nie wat die land graag wil hê nie."
Jakarandastad onder ANC, EFF en ActionSA se beheer
2024-09-27"ActionSA en die ANC-faksie, onder leiding van die Gautengse premier Panyaza Lesufi, is volgens die DA daarvoor verantwoordelik dat die Stad Tshwane weer in politieke onstabiliteit gedompel is en die hoofstad se toekoms opnuut bedreig word."
Finansiële krisis dreig om die land se onderwys te kelder
2024-09-26"Tensy daar proaktiewe maatreëls getref word, staar die land se provinsiale onderwysdepartemente binne die volgende twee tot drie jaar groot uitdagings in die gesig."
Donderdag is D-dag vir DA en Tshwane se koalisieregering
2024-09-24"Die stryd om die politieke mag in Tshwane gaan dié week op die spits gedryf word. Die ANC moet besluit of hulle voortgaan om ’n mosie van wantroue teen die stad se DA-burgemeester, Cilliers Brink, in te stel."
Vonke spat tussen Pandor en Malema oor VBS-skandaal
2024-09-20"Die VBS-plunderskandaal het in 2018 op die lappe gekom, en amptenare binne die bank, asook politici, insluitend senior leiers van die MKP, EFF en ANC, word daarby betrek."
Kaapstad wil Londen se swart taxi’s bont verf
2024-09-19"Dit is deel van die stad se direktoraat vir ekonomiese groei en Norse Atlantic Airways se bemarkingsveldtog om hulle eerste Londen-Kaapstad-vlugte te bevorder wat op 28 Oktober begin."