Actueel

Oproepe om fluitjieblasers te beskerm te midde van gewelddadige moorde

Jean Oosthuizen In het nieuws 2025-09-12

"Amnestie Internasionaal in Suid-Afrika sê die onlangse moord op die prokureur Bouwer van Niekerk skets ’n dodelike prentjie vir diegene wat op alle vlakke in Suid-Afrika vir verantwoordbaarheid veg."

Krane loop leeg terwyl raadslede miljoene betaal word vir water

Jean Oosthuizen In het nieuws 2025-09-11

"Die 12 individue wat as raadslede van die entiteit vir 2023 gelys is, het na bewering tussen R460 000 en R1,5 miljoen verdien nadat hulle tussen 13 en 27 vergaderings bygewoon het."

EFF dien wetsontwerp in om alkoholadvertensies  te verban

Jean Oosthuizen In het nieuws 2025-09-10

"Die komende maande sal deurslaggewend wees om te bepaal of Suid-Afrika die pad van strenger regulering sal volg, in ooreenstemming met globale gesondheidsaanbevelings, en of ekonomiese belange weer eens die oorhand sal kry."

Kriminele kartelle maak van Suid-Afrika ’n tweede Meksiko

Jean Oosthuizen In het nieuws 2025-09-09

"Ook News24 het geskryf oor die vergelyking met Meksiko, waar geteikende moorde die standaardtaktiek van kartelle is om mag uit te oefen en kritici stil te maak."

Waaroor is die wêreld bekommerd?

Heindrich Wyngaard Nuusvinke 2025-09-08

"Wanneer jy in ag neem dat al drie hierdie faktore – werkloosheid, inkomsteongelykheid en toenemende maatskaplike onstabiliteit – op Suid-Afrika van toepassing is, behoort rooi ligte te begin flikker."

Bruin werknemer vlek beweerde boeliegedrag teen wittes oop by Stellenbosch Munisipaliteit

Jean Oosthuizen In het nieuws 2025-09-05

"’n Spesiale raadsvergadering word vandag (Vrydag) deur die munisipaliteit gehou om die saak wat die afgelope week in die stadsraad ontplof het, te ondersoek."

Rasseherrie in Stellenbosch oor beweerde rassisme teen wittes

Jean Oosthuizen In het nieuws 2025-09-04

"In die video kan gehoor word hoe die munisipaliteit se menslikehulpbronnebestuurder, Alexander Kannemeyer, sê die lewe moet doelbewus moeilik gemaak word vir wit mense sodat hulle bedank en die 'regte' mense dan aangestel kan word."

Bek-en-klouseer gooi donker wolk oor landbou

Jean Oosthuizen In het nieuws 2025-09-03

"In reaksie op die groeiende bedreiging het die minister van landbou, John Steenhuisen, die stigting van ’n gespesialiseerde taakspan aangekondig en die aankoop van 900 000 entstofdosisse van Botswana bevestig."

Grondwetlike stryd oor sekswerk bereik kookpunt in hof

Jean Oosthuizen In het nieuws 2025-09-02

"Sekswerkers word dikwels slagoffers van geweld en word blootgestel aan gesondheidsrisiko’s as gevolg van die feit dat die bedryf ongereguleerd is."

Cyril se flopondersoek

Heindrich Wyngaard Nuusvinke 2025-08-29

"Ongeag die remediërende stappe wat deur Ramaphosa en Kubayi geneem is, is dit steeds ’n verleentheid vir die president – en die land – dat hierdie struikelblok nou in die pad van die kommissie se ondersoek na Mkhwanazi se bewerings gekom het."

Veediefstal ruk Suid-Afrika se landbousektor

Jean Oosthuizen In het nieuws 2025-08-29

"Sihlobo sê landbou is ’n noodsaaklike sektor van die land se ekonomie, met groot potensiaal vir werkskepping en verbetering van ekonomiese toestande in landelike Suid-Afrika; daarom is dit noodsaaklik om te verseker dat boere in ’n veilige en gesonde omgewing werk."

Huisbraak boaan lys van huishoudelike misdaad in Suid-Afrika

Jean Oosthuizen In het nieuws 2025-08-28

"In die afgelope jaar het ’n verdere byna 846 000 mense slagoffers geword van diefstal op hul persoonlike eiendom, volgens die jongste opname van Statistieke SA (Stats SA)."

Hope nuwe politieke partye in volgende jaar se munisipale verkiesing

Jean Oosthuizen In het nieuws 2025-08-27

"Die groeiende aantal partye in Suid-Afrika kan gesien word as ’n bewys van ’n lewendige en diverse demokrasie, maar hierdie stortvloed partye skep ook beduidende uitdagings."

McKenzie se Patriotiese Alliansie word gebombardeer met skandale

Jean Oosthuizen In het nieuws 2025-08-26

"Die minister van sport, kuns en kultuur, Gayton McKenzie, en sy politieke party, die Patriotiese Alliansie (PA), bevind hulle midde-in ’n reeks omstredenhede."

Onsekerheid en kommer na ontbinding van SA Toerismeraad

Jean Oosthuizen In het nieuws 2025-08-22

"SA Toerisme het in die 2024/25-boekjaar slegs 89% van sy doelwitte bereik, terwyl hy sy begroting met R24,1 miljoen oorskry het."

Laat die dialoog begin!

Heindrich Wyngaard Nuusvinke 2025-08-21

"Genade, sou ’n mens kon sê, die ANC het oor die afgelope drie dekades álles beheer wat die swart kind in staat moes gestel het om teen hierdie tyd beter vooruitsigte te kon geniet. Waarom het dit nie gebeur nie? Korrupsie. Gulsige mense wat net nie genoeg kan kry nie; wat net meer en meer wil hê."

Amerika ook warm onder die kraag oor SA-weemaghoof se uitlatings

Jean Oosthuizen In het nieuws 2025-08-21

"Die Amerikaanse regering wil glo duidelikheid hê oor Suid-Afrika se beleid teenoor Iran ná die wyd gepubliseerde kommentaar van Maphwanya, tydens sy reis na Iran."

Valke trek renosterhoring-sindikaat vas

Jean Oosthuizen In het nieuws 2025-08-20

"Die feit dat die verdagtes deur ’n stelsel van vervalste permitte kon opereer, toon die groot uitdaging waarmee wetstoepassers gekonfronteer word."

Skeptisisme oor dialoog duur voort, Ramaphosa pleit vir insluiting

Jean Oosthuizen In het nieuws 2025-08-19

"Ramaphosa sê in sy nuusbrief die uitkomste van elk van die komende dialoë sal opgeneem en saamgevoeg word op ’n spesiale digitale platform. Daar sal ook meganismes wees om diegene sonder toegang tot die tegnologie in staat te stel om die uitkomste van hul dialoë in te dien."

Suid-Afrika slaan vure dood na weermaghoof se uitsprake

Jean Oosthuizen In het nieuws 2025-08-15

"Terwyl die regering probeer om die voorval af te maak as ’n geïsoleerde fout, beklemtoon dit die uitdagings in die koördinasie van buitelandse beleid binne die regering."

Verified by MonsterInsights
Top