Actueel
Spesiale parlementêre debat gevra om "raswet" te bespreek
2023-06-14"Berekeninge in die verslag toon dat ongeveer 85 000 bruin werknemers in Gauteng vervang sal moet word om die minister se teikens te haal. Geen bruin werknemer mag in Limpopo aangestel word nie."
Klimaatsaktiviste in Johannesburg deur polisie verwyder
2023-06-13"’n Woordvoerder van die aktiviste, Malik Dasoo, het aan die SAUK gesê indien banke en multinasionale maatskappye voortgaan om geld in projekte te belê wat skadelik is vir die omgewing, gaan daar binnekort nie meer ’n planeet bestaan nie."
Kwintet (deel 2): Kontak tussen literêre kulture wys die verweefdheid van teks, leser en kontekste
2023-06-12"Ik denk zelfs dat lezers in de Lage Landen nog méér kunnen lezen en leren van deze Zuid-Afrikaanse auteurs die net als JM Coetzee tot de wereldletterkunde behoren. En dan niet louter op grond van esthetische keuzes en een experiment met vorm en taal."
Waaroor het Ramaphosa en Poetin alles gesels?
2023-06-09"Oekraïne en sy bondgenote is min beïndruk met gerugte dat Suid-Afrika dit oorweeg om vanjaar se Brics-beraad na ’n ander land te skuif om die wetlike implikasies te ontduik dat Suid-Afrika verplig sal wees om Poetin in hegtenis te neem as hy sy voete in Suid-Afrika sou sit."
Oudste begraafplaas ter wêreld in Suid-Afrika gevind
2023-06-08"Paleontoloë in Suid-Afrika sê hulle het die oudste bekende begraafplaas ter wêreld gevind wat oorblyfsels bevat van ’n verre familielid van die mens met ’n klein brein. Voorheen het hulle gedink dié spesie was nie in staat tot komplekse gedrag nie."
Opposisiegroepe span saam teen "raswet"
2023-06-07"Sowat 30 organisasies het Dinsdag tydens ’n werkswinkel ’n resolusie onderteken om die voorgestelde wysigings aan die Wet op Gelyke Indiensneming te beveg. Politieke partye, meningsvormers en ander organisasies het die werkswinkel bygewoon."
Regering gekap oor "toesmeerdery" van Russiese skip se besoek
2023-06-06"Die sluier van geheimhouding wat die regering wil trek oor die verslag rakende beweerde wapensmokkelary uit Suid-Afrika na Rusland, is ’n onbegryplike besluit wat vertroue in die regering en die ekonomie beide gaan benadeel."
Kwintet (deel 1): Literêre dialoë tussen Afrikaans en Nederlands in essays verken en genuanseer
2023-06-06"Breytenbach is méér dan een literair auteur en kunstschilder die zich met – in zoverre bestaand: een waardenvrije – esthetica ledig houdt. Het gaat over filosofische inzichten, politiek-ideologische stellingname, over betrokkenheid bij taaldiscussie (Afrikaans) en het universitaire instituut."
Nog twee provinsies bevestig gevalle van Cholera
2023-06-02"News24 berig die ouditeur-generaal, Tsakani Maluleke, het Woensdag aan die parlement gesê onlangse cholerasterftes is ’n 'harde herinnering' van voortgesette verwaarlosing van munisipale infrastruktuur."
Poetin se besoek gee Suid-Afrika steeds hoofbrekens
2023-06-01"Buitelandse media het dit vertolk as ’n manier om by wyse van ’n agterdeur aan Poetin immuniteit te verleen tydens die Brics-beraad."
Persbericht: Henriette Roland Holstprijs voor geëngageerde literatuur 2023 voor Annemarié van Niekerk
2023-05-31De Maatschappij der Nederlandse Letterkunde te Leiden maakt bekend dat zij de Henriette Roland Holstprijs 2023 heeft toegekend aan Annemarié van Niekerk voor haar boek Om het hart terug te brengen. Een memoir. Liefde en geweld in Zuid-Afrika (Atlas Contact, 2021). Deze prijs, ingesteld in 1957, wordt eens in de drie jaar uitgereikt en richt zich op in druk verschenen en in de Nederlandse taal geschreven werk van proza, poëzie of toneel dat zich richt op sociale bewogenheid, engagement én literaire kwaliteit.
Moord en doodslag gedy steeds in Suid-Afrika
2023-05-31"Al toon van die misdaadstatistieke wat Dinsdag deur die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) vrygestel is, ’n geringe afname sedert die vorige drie maande, moet Bheki Cele onthou dat werklike mense agter daardie syfers sit. Dit is in werklikheid geen rede om fees te vier wanneer meer as ’n kwartmiljoen mense oor ’n dekade vermoor word nie."
Krotoa neem haar volwaardige plek op US-kampus in
2023-05-30"Die hernoeming van geboue vorm deel van ’n langtermyn visuele regstellingsproses op die US se kampusse in ’n poging om nie net sekere simbole te verwyder nie, maar ook om nuwe visuele simbole bekend te stel wat dui op ’n gedeelde geskiedenis, die diverse stories van Suid-Afrikaners, en openbare ruimtes wat vir almal verwelkomend is."
Kinderbeskermingsweek skop af met gids teen kuberboelies
2023-05-30"’n Kuberboeliegids wat bewusmaking skep oor die gevare van tegnologie, sosiale media, seksskrywery (sexting) en kinderpornografie, is Maandag op die eerste dag van die inwerkingtreding van die Nasionale Kinderbeskermingsweek bekendgestel."
Persbericht: De opkomst van Zuid-Afrikaanse helden
2023-05-29Heldenburgers stonden op uit deze uitdagende omstandigheden om de handen ineen te slaan in hun gemeenschap en van dienstverlening een prioriteit te maken.
Oud-Maties se twis aanstaande week op spits gedryf
2023-05-26"Die onverkwiklike twis tussen oudstudente van die Universiteit Stellenbosch (US) se konvokasie word volgende Donderdag verder op die spits gedryf tydens ’n spesiale vergadering van die konvokasie."
Cholera-uitbraak kan ’n landwye krisis word
2023-05-25"Die cholera-uitbraak by Hammanskraal in Gauteng wat reeds byna 20 lewens geëis het, is moontlik nie net tot Tshwane beperk nie en kan ’n landwye krisis word."
Wet op raskwotas kan duisende se werk kos
2023-05-24"Die voorgestelde kwotas in die Wysigingswet op Diensbillikheid sal veroorsaak dat minstens 220 000 wit mense, 85 000 bruin mense en 50 000 Indiërs hul werk in Gauteng alleen verloor."
Universiteit van Fort Hare word glo deur ANC gekaap
2023-05-23"Verskeie senior lede van die ANC is na bewering betrokke by ’n bedrogspul met grade wat sedert 2013 deur die Universiteit van Fort Hare (UFH) aan hulle uitgereik is. Hulle word daarvan beskuldig dat hulle kwalifikasies op onwettige wyse van die universiteit verkry het."
Uitgewer doen regstappe teen onwettige verspreiding van De Ruyter se boek
2023-05-18"Die uitgewers van die voormalige Eskom-baas, André de Ruyter, se boek Truth to power gaan regstappe doen teen diegene wat voortgaan om elektroniese roofkopieë daarvan te versprei."