Actueel
Eerste "Afrikaner-vlugtelinge" vertrek na VSA te midde van intense debat
2025-05-13"Chester Missing, die bekende Suid-Afrikaanse satiriese pop, geskep en bestuur deur die buikspreker en komediant Conrad Koch, het op X gespot en gesê Amerika kry nie juis die room van die Afrikaners nie."
Die vergete erfenis van Suid-Afrikaanse Nederlandse literatuur
2025-05-09"Op 26 April 2025 is die gesogte prestasieprys van die Van Ewijck Stigting tydens ’n seremonie by SASNEV in Pinelands, Kaapstad, toegeken aan Eep Francken en Olf Praamstra vir hul baanbrekende boek Geen land voor dromen: geschiedenis van de Zuid-Afrikaanse Nederlandse literatuur. ... Die boek, wat poësie, toneel en prosa in Suid-Afrikaanse Nederlands van 1652 tot die 21ste eeu dek, word geprys vir sy noukeurige navorsing en die manier waarop dit ’n verwaarlooste faset van die Nederlandse literêre erfenis na vore bring."
Geskiedkundige vergadering tussen ANC en Afrikanerleiers in Sandton
2025-05-09"Die PAC se fasilitering is ’n simboliese stap na versoening, maar die sukses van hierdie dialoog hang af van die partye se vermoë om ideologiese verskille te oorbrug."
Afrikaans vier 100 jaar as amptelike taal in Suid-Afrika
2025-05-08"Die Afrikaans Amptelik 100-veldtog, gelei deur die Afrikaanse Taalraad en die Afrikaanse Taalmuseum en -monument, vier hierdie historiese gebeurtenis met inklusiewe feeste en projekte landwyd."
Eskom beloof ’n beurtkragvrye winter
2025-05-07"Met ’n stewige plan en lesse uit die verlede is Eskom egter vasbeslote om Suid-Afrika hierdie winter warm en verlig te hou. Die land hou duim vas dat hierdie belofte waar word."
Suid-Afrika, die land van kommissies?
2025-05-06"Ons land se geskiedenis met kommissies van ondersoek – uitgerekte sittings teen ongelooflike kostes, maar met weinig optrede nadat die kommissie se verslag afgehandel en aan die regering oorhandig is – maak Suid-Afrikaners egter baie skepties oor die president se aankondiging."
Ramaphosa verdedig swart ekonomiese bemagtiging teen DA se besware
2025-05-06"Sy uitsprake kom te midde van ’n vuurwarm debat oor die doeltreffendheid van maatreëls, soos die Wet op Gelyke Indiensneming en Breë Swart Ekonomiese Bemagtiging (BSEB), wat deur die DA as struikelblokke vir ekonomiese groei beskou word."
Suid-Afrikaners eis einde aan raswette, DA daag minister in hof
2025-05-01"Hierdie kwotas, wat maatskappye dwing om demografiese teikens te bereik ongeag vaardighede of plaaslike omstandighede, kan veral bruin werkers in die Wes-Kaap en Indiër-werkers in KwaZulu-Natal benadeel."
Duisende hektaar verteer in verwoestende Tafelberg-brand
2025-04-30"Personeel van verskeie agentskappe, insluitend die Tafelberg Nasionale Park Brandbestuur en Volunteer Wildfire Services, het die afgelope dae dag en nag gespook om die brand onder beheer te kry."
Paul Mashatile: ’n sluipmoordkomplot of politieke kulkuns?
2025-04-29"Dit is dus ’n aantyging wat nie ligtelik gemaak kan word en ook nooit ligtelik opgeneem mag word nie – onwaarskynlik soos wat dit ook al mag voorkom."
Opskorting van BTW-Verhoging is ’n oorwinning vir Suid-Afrikaners
2025-04-29"Die fiskale raamwerk is ’n kernkomponent van die nasionale begroting, wat die regering se planne vir inkomste-insameling en uitgawes uiteensit. Die ANC het aangedui dat die parlement nou sal beraadslaag oor hoe om die voorgestelde inkomste- en uitgawe-aanpassings te verwerk."
BTW-besluit: Twis onder politieke partye wie krediet moet kry
2025-04-25"Selfs partye soos ActionSA, wat saam met die ANC en kleiner partye ten gunste van die fiskale raamwerk gestem het wat so ’n verhoging sou insluit, maak nou aanspraak op ’n oorwinning."
Solidariteit wil Ramaphosa aankla van minagting van die hof
2025-04-24"Hoewel die saak Solidariteit se posisie onder hul ondersteuners kan versterk, is daar volgens sommige waarnemers ook ’n groot risiko dat Suid-Afrika in sy geheel, insluitend Afrikaners, die meeste sal ly as gevolg van moontlike ekonomiese sanksies, sosiale verdeeldheid en diplomatieke skade indien Amerika sy rug verder op Suid-Afrika sou draai."
MK Party teiken eksklusiewe Afrikanergemeenskappe met wetsontwerp oor selfbeskikking
2025-04-23"Dit kom te midde van spanning met die VSA oor president Donald Trump se kommentaar oor Suid-Afrika se grondhervormingsbeleid en sy aanbod van vlugtelingstatus aan Afrikanerboere, wat die debat oor Afrikanerselfbeskikking verder aangevuur het."
Suid-Afrika rou oor pous Franciskus se heengaan
2025-04-22"Pous Franciskus was die eerste pous uit Latyns-Amerika en die Suidelike Halfrond. Sy dood beteken die einde van ’n 12 jaar lange pontifikaat wat op vrede, armoedebestryding en hervorming binne die Katolieke Kerk gefokus het."
13-jarige se selfdood ná beweerde boeliegedrag skok land
2025-04-18"Sadtu het destyds reeds beklemtoon dat geweld en boeliegedrag nie net ’n skoolprobleem is nie, maar ’n samelewingskwessie. Kinders boots dikwels gedrag na wat hulle in hul gemeenskappe of huise sien, waar geweld genormaliseerd kan wees."
Suid-Afrikaners steun meriete-aanstellings bo kaderontplooiing
2025-04-17"Die sakesektor en markvryheidvoorstanders waardeer die klem op progroeibeleide en die verwerping van rasgebaseerde maatreëls, wat volgens hulle investering en werkskepping sal aanmoedig."
Jonas se gesantskap: Brug na VSA of nuwe diplomatieke mynveld?
2025-04-16"Sommige kommentators, soos Jo-Ansie van Wyk van Unisa, het Jonas beskryf as ’n 'staatmaker' in die ANC met aansienlike regeringservaring, al het hy minder blootstelling aan internasionale diplomasie."
Sal Ramaphosa Trump se ego kan streel?
2025-04-15"Grasie is weliswaar nie noodwendig die vaardigheidstel wat in die tyd van Trump benodig word om 'diplomatieke' sukses te behaal nie; gedienstigheid sal dalk meer vrugte dra."
Suid-Afrika wil handel uitbrei namate spanning met VSA toeneem
2025-04-15"Die spanning tussen Suid-Afrika en Amerika wek groot kommer oor ekonomiese en sosiale implikasies, met gemengde menings wat wissel van steun vir Ramaphosa se standvastigheid tot frustrasie oor Trump se koers en sy oordrywing van die situasie in Suid-Afrika."