Die aanvang van die Nasionale Dialoog met die eerste Nasionale Konvensie die afgelope naweek het weinig gedoen om Suid-Afrikaners se skeptisisme daaroor te besweer.
Die Nasionale Dialoog se eerste konvensie het die afgelope naweek (15–17 Augustus) by die Universiteit van Suid-Afrika (Unisa) in Pretoria plaasgevind soos beplan.
Terwyl verskeie instellings en organisasies die geleentheid geboikot het omdat hulle uitgesluit voel, het president Cyril Ramaphosa Maandag in sy weeklikse nuusbrief gesê daar moet geen persoon, geen deel van die samelewing, en geen instelling – hetsy publiek of privaat – wees wat van die gesprek uitgesluit word nie.
Dear Fellow South African,
The first National Convention of the much-anticipated National Dialogue concluded on Saturday afternoon with a resounding call for the conversation among South Africans to begin.
🔗 https://t.co/xUBRacZcoM pic.twitter.com/9J2v4H6VrV
— Cyril Ramaphosa 🇿🇦 (@CyrilRamaphosa) August 18, 2025
Ramaphosa sê die dialoog moet die grense tussen “insiders” en “outsiders” afbreek en die begrippe “ons” en “hulle” uitdaag. Terselfdertyd moet die land nie ’n vorm van eenheid soek wat slegs op sentiment gebaseer is nie, maar ’n eenheid wat gesmee word deur konstruktiewe en eerlike bespreking oor die moeilike vrae waarmee Suid-Afrika te kampe het en ’n ooreengekome program van aksie.
“Ons moet nie bang wees om te verskil nie. Om te verskil is deel van die deelname aan ’n betekenisvolle en robuuste dialoog. Dit is deur die uitdrukking van verskillende sienings dat ons volle legitimiteit en geloofwaardigheid aan die dialoog sal kan gee. Ons moet dus ’n vasberade poging aanwend om ons verskille te lug met die doel om eenstemmigheid te vind oor die aksies wat ons saam moet neem om ’n beter samelewing te bou waarin elke persoon ’n gelyke geleentheid het om te floreer,” het hy in sy nuusbrief geskryf.
Die byeenkoms het Sondag 17 Augustus afgesluit met meer as duisend afgevaardigdes wat die geleentheid bygewoon het. President Ramaphosa, wat die dialoog byeengeroep en Saterdag se verrigtinge geopen het, het dit beskryf as die skepping van ’n nuwe visie vir Suid-Afrika. Hy het gesê die konvensie was daarop gemik om die agenda vir toekomstige gesprekke te skep, met temas soos inklusiewe ekonomiese groei, armoedebestryding, en die bou van ’n etiese staat.
Being in a room filled with civil society and leaders reminded me that transformation is a collective act. Our role is to keep lifting the voices of those most affected, making sure the road we’re paving is people-centred, just, and inclusive. @ZANatDialogue pic.twitter.com/77tHWAcrmC
— Oliver Meth (@oliver_meth) August 17, 2025
Dit het gemengde reaksies ontlok, met ondersteuning van die presidensie en sommige sektore, maar aansienlike skeptisisme van politieke partye, organisasies, en publieke kommentators. Die onttrekkings van sleutelbelanghebbendes en kommer oor kostes en motiewe het die proses se geloofwaardigheid uitgedaag, maar organiseerders hou vol dat dit ’n grondslag vir toekomstige samewerking sal lê.
Boichoko Ditlhake, voorsitter van die Nasionale Konvensie, het gesê die onttrekkings van sommige groepe sal “geen impak” hê nie, en dat die proses momentum behou.
[WATCH] Reverend Zwoitwaho Nevhutalu, spokesperson for the National Convention, says the convention has endorsed both a roadmap and the methodology to be used during the dialogue process. He weighs in on the key takeaways from this past weekend's National Convention. pic.twitter.com/eKkEFTJR3k
— SABC News (@SABCNews) August 18, 2025
Lindiwe Mazibuko, ’n voormalige DA-parlementslid en deelnemer, het die dialoog verdedig as ’n geleentheid vir eenheid en vernuwing, hoewel haar ondersteuning deur sommige op X kritiek ontvang het as “afgesonderd” en “toondoof”.
Listen 🎧 @LindiMazibuko on #NationalDialogueZA | The dialogue will be a people-led, society-wide process to reflect on the state of our country and to reimagine our future. #GovZAUpdates #OurNationOurDialogue pic.twitter.com/A6rjbVzYwd
— South African Government (@GovernmentZA) August 13, 2025
Op X het gebruikers gemengde sentimente uitgedruk. Sommige het dit as ’n “k*kpraat-sessie” beskryf en die kostes daarvan gekritiseer, terwyl ander die dialoog as ’n kans vir ’n nuwe sosiale kontrak bevorder het.
Kritici argumenteer dat die dialoog polities gedrewe is en nie konkrete oplossings vir Suid-Afrika se uitdagings, soos werkloosheid, misdaad en klimaatsverandering, sal lewer nie. Sommige beskou dit as ’n simboliese gebaar eerder as ’n aksiegerigte proses.
Ramaphosa sê in sy nuusbrief die uitkomste van elk van die komende dialoë sal opgeneem en saamgevoeg word op ’n spesiale digitale platform. Daar sal ook meganismes wees om diegene sonder toegang tot die tegnologie in staat te stel om die uitkomste van hul dialoë in te dien.
“Al hierdie besprekings sal uitloop op ’n tweede Nasionale Konvensie wat gedurende die eerste helfte van 2026 gehou sal word,” het hy gesê.
Volgens hom word daar verwag dat hierdie konvensie ’n duidelike visie vir die land sal lewer en ’n sosiale ooreenkoms sal aanneem wat die rolle en verantwoordelikhede van alle dele van die samelewing uiteensit, van burgers tot al die staatsarms, van sake, arbeid, tradisionele leiers, godsdienstige liggame tot die burgerlike samelewing, aktiviste en burgerlike organisasies.
Hy sê die vorm en inhoud van hierdie uitkomste sal uiteindelik deur die Suid-Afrikaanse volk deur hul besprekings bepaal word.
