Die Suid-Afrikaanse Weermag (SANW) berei voor om binne die volgende 10 dae troepe in die Oos-Kaap te ontplooi, terwyl hulle reeds saam met die polisie in die Wes-Kaap en Gauteng gemobiliseer word.
Die waarnemende minister van polisie, Firoz Cachalia, het bevestig dat die plan, wat deur SAPD-kommissaris Fannie Masemola en SANW-hoof Rudzani Maphwanya gefinaliseer is, gemik is op bendes, afpersing, moorde en onwettige mynbou. President Cyril Ramaphosa het die stap tydens sy staatsrede (Sona) op 12 Februarie aangekondig.
BREAKING NEWS | President Cyril Ramaphosa says the South African National Defence Force (SANDF) will be deployed to support police in dealing with gang violence and illegal mining in the Western Cape and Gauteng, among other provinces. pic.twitter.com/0bgtnRl2nh
— SABC News (@SABCNews) February 12, 2026
In Gauteng teiken die operasie onwettige myners (zama zamas), terwyl die uitbreiding na die Oos-Kaap (insluitend Gqeberha se noordelike areas) fokus op bendes, afpersing en moorde. Hierdie stap volg op jare se pleidooie van gemeenskappe, veral in die Oos-Kaap, waar geweld projekte soos konstruksie lamgelê het.
Ramaphosa se besluit om die weermag na misdaadbrandpunte in die Wes-Kaap, Gauteng en nou ook die Oos-Kaap te ontplooi, het gemengde reaksies ontlok.
Die aankondiging kom te midde van ’n golf van geweld wat oor die land spoel. Met die ontplooiing wat binne die volgende 10 dae begin, fokus die regering op die stabilisering van gemeenskappe, maar kritici waarsku dat dit nie die grondliggende oorsake aanspreek nie.
Volgens Cachalia sal die fokus nie net op sigbare patrollies wees nie, maar ook op die leierskapstrukture van bendes, hul inkomstestrome en wapentoevoer. Die parlement moet die ontplooiing nog formeel goedkeur, maar die proses is reeds aan die gang.
#SONADebate| “I can confirm that the National Commissioner of SAPS and the Chief of the SANDF met yesterday to finalise the deployment plan. The rollout will begin within the next ten days and will include the Eastern Cape,” - Acting Minister of Police, Cde Firoz Cachalia on the… pic.twitter.com/mKSvAnTvUs
— ANC - African National Congress (@MYANC) February 17, 2026
In die Wes-Kaap sal troepe ontplooi word in bekende brandpunte op die Kaapse Vlakte, waaronder Athlone, Nyanga, Mitchells Plain en omliggende gebiede.
In die Wes-Kaap het bendegeweld ’n piek bereik, veral op die Kaapse Vlakte. ’n Tragiese skietery in Athlone die afgelope week, waar twee vroue (25 en 36 jaar oud) en ’n 9 maande oue baba doodgeskiet is, onderstreep die dringendheid van so ’n stap.
#sapsWC #SAPS in the Western Cape strongly condemns the senseless and brutal killing of 3 people, including an infant, in a shooting incident last night, 17/02, at Sunbird Court in Athlone. Upon arrival, officers found the bodies of two women aged 25 and 36, as well as a… pic.twitter.com/QRFDldkFkY
— SA Police Service 🇿🇦 (@SAPoliceService) February 18, 2026
In die Oos-Kaap word veral noordelike dele van Gqeberha geteiken, waar gemeenskappe al lank pleit vir groter staatsingryping teen bende- en dwelmverwante geweld.
Reaksies van politieke partye en belangegroepe is verdeeld. Die ANC ondersteun die stap sterk. Die party se hoofsweep in die parlement, Mdumiseni Ntuli, sê dit is ’n “noodsaaklike en beslissende stap” om gemeenskappe te beskerm.
Die DA, onder leiding van John Steenhuisen en Wes-Kaap se premier, Alan Winde, verwelkom dit as ekstra hulpbronne, al eis hulle meer fokus op polisiehervorming en devolusie van magte na plaaslike owerhede. Kaapstad se burgemeester Geordin Hill-Lewis, het die korttermynontplooiing geprys, maar Ramaphosa uitgedaag om vinniger op oplossings te fokus.
🚨 The SANDF will be deployed to gang-affected communities in the Western Cape and Gauteng.
Short-term relief from active shootings matters, but crime will only stop when criminals go to jail! This is why the DA will continue to fight for better decentralised police.#SONA2026 pic.twitter.com/YuTJ6F7VHB
— Democratic Alliance (@Our_DA) February 12, 2026
Die UDM se Bantu Holomisa en die PA se Gayton McKenzie steun dit ook, met McKenzie wat voorgestel het dat dit na die Oos-Kaap uitgebrei word, ’n versoek wat nou verwesenlik is.
Kritiek kom egter van die EFF, waar Julius Malema dit ’n “laaste uitweg” noem en ’n erkenning van Ramaphosa se mislukking in misdaadbestryding. Die MK Party het kommer uitgespreek oor die militarisering van burgerlike ruimtes. Belangegroepe soos die Cape Crime Crisis Coalition (C4) verwerp dit kategories, met voorsitter Llewellyn MacMaster wat verwys na vorige ontplooiings se mislukkings, soos Operation Prosper in 2019, wat slegs tydelike verligting gebring het sonder langtermynimpak.
The EFF’s Statement on Athlone Mass Shooting & Escalating Violence Against Children in the Cape Flats
-In the past year, the Cape Flats has seen a horrifying pattern of innocent young lives being taken by gunfire. Fourteen-year-old Alnika Mitchell was killed by a stray bullet… pic.twitter.com/0WZ3AdiAQW
— Economic Freedom Fighters (@EFFSouthAfrica) February 18, 2026
Verskeie kommentators waarsku dat die SANW nie vir polisiewerk opgelei is nie en dat dit werklike oorsake soos armoede, werkloosheid en korrupsie ignoreer.
Die Daily Maverick beskryf die besluit as “diep gebrekkig”, met die SANW in ’n toestand van verval weens onderbefondsing. Verdedigingsontleder Kobus Marais, het gesê dat die ontplooiing nie ondersteun kan word nie, aangesien burgerlikes deur die polisie beskerm moet word.
Police not SANDF must defend citizens within the borders: Analyst https://t.co/lDzQigauYt
— Kobus Marais (@kobusda) February 17, 2026
Terwyl die ontplooiing ’n dringende reaksie op misdaad is, bly daar vrae oor die volhoubaarheid daarvan.
